Background Image
Previous Page  17 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 116 Next Page
Page Background

15

October 2017

Eerstens word die oppervlakte-afloop

aangespreek. Indien versuipkolle steeds

voorkom, kan dit aangespreek word met

grondverskuiwing of ondergrondse drei-

nering.

Die hidrologiese beplanning sluit in

die bepaling van die opvanggebied en

afloopvolume-berekeninge om die kapa-

siteit van waterbane, kontoere en damme

te bereken. Vir die beplanning van plant-

rigtings, kontoere en waterbane is dit no-

dig om die posisies, rigting, helling, lengtes

en afmetings te bepaal, om afloopkapasi-

teit veilig te kan hanteer.

Die beplanning van ondergrondse drei-

nering behels die bepaling van die

kapasiteit, helling, diepte en spasiëring

van oop sugslote of moldreine. In die geval

van dreinpype, asook die ontwerp van

dreineringsfilter rondom die pyp, is die

bepaling van die diepte, helling, spasiëring

en pypgroottes ook noodsaaklik, om wa-

ter vinnig genoeg te dreineer voordat

versuiping van gewasse plaasvind. Hierin

speel die dreineringsfaktor en hidrouliese

konduktiwiteit van die grond ‘n belang-

rike rol.

Vir meer inligting, kontak Johannes van As

by 078 893 8962 of

wsmpotch@vodamail.

co.za.

Waterbestuur in presisie- en bewaringsboerdery

ligte toedienings omdat die grond nog geseël is na die vorige

besproeiing en dit beswaarlik meer water sal opneem.

Waar ernstige afloop by rygewasse voorkom, kan oorweging

geskenk word aan dammetjiebewerking (

furrow diking

).

Dit is altyd gepas om eers ‘n ligte besproeiing op ‘n losgeploegde

land toe te dien – alhoewel sulke gronde ‘n swaar besproeiing

kan vat. Die rede is om te verhoed dat die spilpunt diep

spore trap. As daar eers spore getrap is, sal water van die

opvolgende besproeiings in die spore bly staan en die spore sal

al dieper word. Dit kan uiteindelik daartoe lei dat die spilpunt

vasval of die struktuur beskadig word indien die spilpunt uit lyn

loop. Op swaarder grond kan spore met byvoorbeeld berggruis

opgevul word om vasval te voorkom. Opvolgende bewerkings

moet dan só gedoen word dat die spore nie weer opgebreek

word nie.

Spilpuntsproeiers

Die sproeiers is die hart van die spilpunt. Dit is belangrik dat jy

die sproeierpakket gereeld evalueer. Weens slytasie wat voorkom,

dien die spilpunt nie meer die regte hoeveelheid water toe nie.

Dit is ook belangrik om die sproeierpakket te kalibreer.

Dit gebeur soms dat die watervoorsiening oor die lengte van die

spilpunt verskil en dit kan lei tot sekere gedeeltes wat te veel water

kry en ander wat te min kry.

Wanneer ‘n sproeier verstop is, merk die sproeier, skakel die spilpunt

af, draai die sproeier uit en maak dit skoon. Moenie met ‘n draad

in die sproeiermondstuk karring nie. Die kanse dat die obstruksie

só verwyder sal word, is skraal en die moontlikheid dat die

sproeiermondstuk beskadig kan word, is groot. Gaan die spilpunt

gereeld na vir verstopte sproeiers.

Algemeen

Lees heel eerste die handboek wanneer jou spilpunt afgelewer

word. Moenie die spilpunt aanskakel voordat jy seker is dat dit

geaard is nie. Moenie stroombrekers of kontaktors vervang met

ander wat groter is as die verskaffer se voorskrifte nie. Vermy om

enigiets aan die elektriese bedrading te doen voordat jy nie self die

krag afgeskakel het nie.

Kontroleer dat die spilpunt deeglik gespoel is na oprigting. Dit is

onvermydelik dat daar grond in die pype beland gedurende die lê

van die hooflyn. Die grond sal uit-sedimenteer waar die vloeisnelheid

van die water die laagste is – en dit is aan die punt van die stelsel. As

die spilpunt ‘n oorhang het, sal dit die posisie wees waar die grond

sal uitsak. Dit kan te swaar wees vir die kabels wat die oorhang dra.

Spilpunte met sproeiers bo-op die struktuur, moet nie gebruik word

wanneer die moontlikheid bestaan dat die water sal verys nie. Die

ontwerp van die struktuur maak voorsiening om die massa van die

struktuur en die water in die pype te dra. As ys egter op die spilpunt

versamel, mag dit te swaar word en die struktuur beskadig.

Indien die spilpunt in die donker gaan staan om ‘n onbekende rede,

wag eerder tot die volgende oggend wanneer dit lig is en jy die hele

spilpunt kan sien, voordat jy dit weer aan die gang probeer kry.

Dit mag wees dat die spilpunt uit lyn geloop het as gevolg van ‘n

stel aandryfwiele wat vasgeval het en dat die veiligheidstelsel die

hele spilpunt afgeskakel het. As die veiligheidstelsel nou omseil

word, kan die masjien verder uit lyn loop en beskadig word.

Moenie op ‘n leer klim wat teen ‘n bewegende spilpunt leun nie.

Die spilpunt kan onder die leer uitloop.

Maak seker dat almal op die plaas weet wanneer chemiese middels

deur die spilpunt toegedien word, sodat niemand per ongeluk

van die water drink of skadelike dampe inasem of selfs natgespuit

word nie. Onthou dat die verste punt van die spilpunt op ‘n

30 ha-spilpunt by tye heel waarskynlik meer as 600 m van die

toedieningspunt af kan wees.

Spoel altyd die hele stelsel skoon nadat jy chemiese middels

deur die spilpunt toegedien het. Dit sou veilig wees om op ‘n

vloeisnelheid van 1 m/s in die stelsel te werk. Dit beteken dat as die

totale afstand vanaf die toedieningspunt tot by die punt van die

spilpunt 600 m is, 600 sekondes (10 minute) toegelaat moet word

vir skoonspoel.

Vir meer inligting, kontak Sakkie Koster by 083 678 8485 of Pietman

Botha by 082 759 2991.

Graan SA/Sasol fotokompetisie