Background Image
Previous Page  14 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 116 Next Page
Page Background

ONTSLUIT TOP WERKVERRIGTING

met die John Deere FX15 planter,

pasgemaak vir jou boerdery in 12, 16 of 20 rye

BigDoor22933GSA

*Bepalings en voorwaardes geld (beskikbaar by

www.deere.co.za

). Aanbod geldig solank voorraad hou.

-RKQ 'HHUH )LQDQFLDO ZRUG RQGHUVWHXQ GHXU $EVD ţQ JHPDJWLJGH ƟQDQVLOHGLHQVWHYHUVNDIIHU

HQ JHUHJLVWUHHUGH NUHGLHWYHUVNDIIHU 5HJ 1U 1&5&3

Finansiering gebou vir jou

Waterbestuur in presisie-

en bewaringsboerdery

B

ewaringsboerderypraktyke wen al

hoe meer veld in Suid-Afrika en is

stadig maar seker besig om ouer

konvensionele praktyke te vervang.

Die beplanning en bestuur van waterafloop

en -dreinering is van die belangrike be-

stuursaspekte wat aangepas moet word om

volhoubare gewasproduksie te verseker.

Die afgelope nat seisoen is voorafgegaan

deur ‘n droë seisoen en daarom is dit

van kardinale belang dat produsente hul

praktyke sal aanpas vir seisoene wat volg

– om afloopwater optimaal te bestuur, maar

ook om versuiping en verbrakking van

grond te voorkom.

Vogbewaring

Die hoofdoel is om soveel vog as moont-

lik in die “grondreservoir” te probeer stoor.

Om dit te bewerkstellig, moet van praktyke

gebruik gemaak word wat maksimum in-

filtrasie in die grond sal verseker. Deur

plantrigtings en daarom hellings aan te pas,

kan die snelheid van afloopwater tydens

reënbuie met hoë intensiteit verlaag word

om meer tyd vir maksimum infiltrasie te

verseker.

Biologiese praktyke soos dekgewasse ver-

hoog onder andere die waterhouvermoë

van die grondprofiel vir optimale vogop-

name. Bewerkingspraktyke soos stoppel-

en strookbewerking voorkom verdamping

en versprei die energie van reëndruppels,

om sodoende korsvorming te voorkom

en verbeterde infiltrasie te verseker. Dié

praktyke verseker ook dat onsigbare op-

pervlak-erosie, ook genoem bogrondse

erosie (

sheet erosion

), aan bande gelê

word.

Oppervlak- en

ondergrondse dreinering

Daar moet egter nog steeds voorsiening

gemaak word vir wanneer grond versa-

digingspunt bereik en ook tydens reënbuie

van hoë intensiteit, om afloopwater veilig

sonder erosie te kanaliseer en moontlik

te kan stoor vir aanvullende vog tydens

kritiese groeistadiums.

Deeglik-beplande plantrigtings en hellings,

plantrylengtes, kontoerwalle, waterbane en

damme speel hierin ‘n belangrike rol.

Plantrye dien as mini-kontoere en indien

die kapasiteit, rigting en helling reg saam

met ander bewaringspraktyke ingespan

word, is dit moontlik om kontoerwalspa-

siërings aan te pas en selfs moontlik te

verminder.

FOKUS

Besproeiing

Spesiale

JOHANNES VAN AS,

hulpbronbeplanning en besproeiingskonsultant