Background Image
Previous Page  11 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 116 Next Page
Page Background

en voorspoed vir elke Hoofbestuurslid. Gee

die produsente leiding, want hulle hoop is

op julle,” het hy gesê.

“Dit was ‘n groot voorreg om hier te kon

dien. Hou moed: Ek glo die produsente

van dié land sal dit maak,” was Louis

Claasen se boodskap. Hy het ook sy ver-

troue in en respek vir die personeel van

Graan SA uitgespreek. Francois Minnaar

het op ‘n oorspronklike wyse gaste toege-

rus met wenke om netelige situasies vol-

houbaar te kan hanteer.

Uitnemendheid is een van Graan SA se

belangrike waardes en die skild vir uitne-

mendheid onder Hoofbestuurslede, is

vanjaar toegeken aan mnr Richard Krige

(Streek 27). “Daar is soveel passie waarmee

die graanbedryf gedien word en dit is ‘n

ongelooflike voorreg om deel daarvan te

wees. Die bedryf het my laat groei as mens

en as werkgewer,” het hy gesê.

“Graan SA Hoofbestuurslede is vir hul

medeprodusente goud werd,” het Magda

du Toit (korporatiewe skakeling en kom-

munikasiebestuurder: Monsanto) namens

dié borg van die aand, in haar boodskap

benadruk. “Dit is lekker om vriende soos

Graan SA te hê,” het sy bygevoeg.

Theo Venter, politieke en beleidsanalis:

NWU Sakeskool, het gaste se lagspiere ge-

prikkel deur teenstrydighede in die politiek

uit te wys aan die hand van verskeie

politieke spotprente wat oor jare in die

dagbladpers verskyn het. Sy mening was

dat die Suid-Afrikaanse samelewing opnuut

‘n oorlewingsdrang moet ontwikkel om

te kan oorleef in die huidige stormagtige

omgewing.

Bennie Zaayman (terreinbestuurder: NAMPO

Park) het ‘n toekenning ontvang vir die

15 diensjare waarmee hy spog. Alte-

saam agt personeellede is ook ver-

eer vir vyf jaar diens aan Graan SA.

Hulle is:

Dr Marinda Visser (bestuurder: Grain

Research and Policy Centre);

Luzelle Botha (komiteebeampte);

Lydia Kasumba (assistent-reken-

meester);

Dirk Kotze (ledebemarking- en

kommunikasiebeampte);

Ashley Mathisa (terreinwerker);

Louisa Mohlala (skoonmaker);

Nydia Odendaal (komitee-

beampte);

Xolile Speelman

(Terreinwerker);

Madeleen Steyn (finansiële en kantoor-

administrateur);

Coretha Usher (menslike hulpbronne-

beampte);

Elda-Beth van den Berg (sekretaresse);

en

Toit Wessels (assistent-bestuurder:

NAMPO en Bemarking).

Luan van der Walt (Landbou-ekonoom:

Graan SA) het sy afslaersvaardighede

ingespan en die oorspronklike spotprent

uit

SA Graan/Grain

Februarie 1995 vir

R6 100 opgeveil. Dié bedrag is deur

Graan SA aan die Lettie Fouche Skool

in Bloemfontein geskenk.