Background Image
Previous Page  9 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 116 Next Page
Page Background

KANTLYN

Op die

I am not afraid to say that South Africa

has some of the best farmers in the world. We have

seen the evidence again this year. With a record high

of 16 million tons of maize expected to be harvested.

When taking into consideration our climate, loss of

potential agricultural land and an unsure policy

environment this is a huge achievement.

Well done to our farmers!

‘But to do this after a few years of backbreaking

drought shows passion and commitment. I take my

hat off to you. But farmers alone cannot achieve this.

They have to embrace the best technology and science

that is available to them and work together with a

team of experts in the field.

‘With all this good work happening – especially in

South Africa – why is it then that we still see

13,7 million South Africans living with inadequate

access to food? If you exclude the figures of Gauteng

and the Western Cape, it leaves you with 9,6 million

people that are mostly rural and are not eating a de-

cent meal on a daily basis. Looking at this figure while

keeping in mind that we have a total of just over

17 million people receiving some kind of social welfare

grant on a monthly basis, shows me that the ball

is being dropped somewhere.

– Ms Annette Steyn, DA Shadow Minister for the Department of

Agriculture, talking at the launch of the

imbezu

empowerment programme

on 4 August this year

Die Bitcoin-ding

Beste Kleinneef

Ek lees mos vandag weer jou lekker ou geselsbriefie hier agterin

SA Graan/

Grain

. Elke keer gee jy my stof tot nadenke. Sien, ek het nou al so baie oor hier-

die Bitcoin-ding gesit en wonder. Kan ‘n mens nie maar plan maak om ook so ‘n

ou enetjie in die hande te kry nie? Manlief is mos die een met die kop vir syfers

en toe vra ek hom ook wat hy nou van hierdie nuwe ding dink?

Ons kon nie regtig ‘n oplossing vind nie en niemand kan ons regtig help nie,

want ons het mos ook nie juis geldjies om rond te gooi nie. Die lewe raak nou so

duur en ons soek juis nog na die gaatjie in ons emmer? So kom ons toe uitein-

delik by die regte antwoord (vir ons natuurlik!) uit. Ons bid mos vir reën, ge-

sondheid en liefde. Daarom gaan ons nou maar die Bitcoin-ding doodstil laat

lê, want ons kan net dink dat hierdie Bitcoin-ding vir ons dalk in ‘n "bid coin"

gaan verander. Ons kan mos nie ons Liewen Heer met sulke onbenullighede ook

nog opsaal nie.

Voorspoed vir diegene wat met hulle swaarverdiende geldjies gaan woeker.

Dalk kom ons skippie ook eendag in.

Ria en Koos van Wyk van Worcester

(Brief verkort – Red.)

7

October 2017

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

w

anneer ‘n mens dors is, drink jy water. Jy stap eenvou-

dig kraan toe en skink vir jouself ‘n glas water. As jy

op reis is, koop jy sommer gou by die naaste winkel

‘n bottel water of koeldrank of dalk ‘n koppie koffie of

tee. As jy by iemand kuier, word jy gou iets te drinke

aangebied.

Wat beteken dit regtig om dors te wees? Só dors dat jou lippe bars

en jou tong aan jou verhemelte vassit. Só dors dat jy wat sou wou

gee vir ‘n bietjie water.

So het dit met ‘n beroemde generaal wat ‘n veldslag verloor het en

te voet gevlug het, gebeur. Geskei van sy manskappe, sonder kos

en sonder water en boonop in ‘n baie droë deel van die wêreld. Hy

kom toe op mense se blyplek af en vra ‘n bietjie water, want, het hy

gesê: "Ek het dors." Hy kry toe soveel melk as wat hy kon drink en

ook ‘n plek om te lê en rus. Terwyl hy slaap dryf die vrou ‘n tentpen

deur sy slaap tot in die grond en hy sterf. Hy was dors, hy het melk

gekry om te drink en hy sterf. Hy sterf ‘n eerlose dood. So kom

Sisera, die groot generaal aan sy einde (Rigters 4). Eerloos, sonder ‘n

oorwinning, met niks om te wys nie.

Ons lees ook van ‘n ander Man wat gesê het: "Ek het dors" (Johannes

19:28). In die plek van water kry Hy toe asyn om te drink. En Hy sterf

ook. Hy sterf ‘n wrede, stadige marteldood. Hy sterf ‘n eerlose dood

– die dood van ‘n vervloekte misdadiger. Aan ‘n kruis blaas Hy Sy

laaste asem uit. Hy sterf terwyl Hy dors ly, sodat ons wat in Hom glo,

nooit weer dors sal ly nie. Nie dors na water nie, maar dors na die

Lewende Water. Dors na God. Na dié God wat elkeen wat na Hom

toe kom se dors vir ewig les.

Jesus het wel ‘n eerlose dood gesterf, maar in sy sterwe die grootste

oorwinning ooit behaal. Hy het Sy en ons grootste vyand, die duiwel,

vernietigend verslaan. Hy het gesterf terwyl Hy dors gely het, sodat

ons kan lewe en nooit weer dors ly nie. Gaan dan na Hom toe wat

die fontein van die Lewende Water geword het en les jou ewige dors

by Hom

.

Baie geluk aan Annie Tladi

van Viljoenskroon wat vir

die September-uitgawe

van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449