Background Image
Previous Page  6 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 116 Next Page
Page Background

4

n

a afloop van my onlangse besoek aan die VSA, wil ek

graag ‘n paar stellings oor my waarnemings maak. In

kort kom dit daarop neer dat die Suid-Afrikaanse graan-

produsente betreklik meer as hul Amerikaanse eweknieë

van die ontwikkeling van nuwe tegnologie afhanklik is.

By die plase wat ons besoek het en uit gesprekke met mense by

die Farm Progress Show, blyk dit dat die klimaat en regeringshulp

die belangrikste redes is waarom die produsente steeds in produk-

sie bly – meer as die tegnologie wat hulle gebruik. Die grond is vrug-

baar, die reënval uitstekend en as daar dalk iewers ‘n verdwaalde

jaar kom, koop die regering hulle uit.

Ek het ook iets van die Agri SA-droom daar gesien – eenheid oor

landbou (

unity about agriculture

). Die mense waardeer hul produsen-

te. Net so het ek ook gesien hoe hulle in die samelewing tyd en

plek maak om hul gewapende magte te vereer.

Tydens ‘n rustyd by die voetbalwedstryd wat ons een aand gekyk

het, het al die mense opgestaan en vir ‘n hele lang ruk hande

geklap vir ‘n soldaat wat op tuisbesoek was en wat op die een hoek

van die veld kom staan het. Dit het my herinner aan die tyd toe

ons met vol uniform op pas was en ook so kerk toe gegaan het.

Almal het vir jou gebid en kom sterkte sê.

Aan die klimaat kan ons nie veel doen nie, maar om die regering

en die land se mense agter ons te kry, kan ons beslis iets doen. Dit

het met ons harte te make. Weens die felheid van ons klimaat speel

tegnologie – tans en ook vir die toekoms – ‘n groter en belangriker

rol. Van die produsente wat ons besoek het, is glad nie besorgd oor

die droogtebestandheid van mielies nie. Hulle het meer versuip-

skade as droogteskade!

Dit laat ‘n mens wonder teen watter spoed die tegnologie wat ons

benodig, beskikbaar raak. Met my beperkte kennis van al die produk-

sietegnieke en bewerkings, is ek sterk onder die indruk gelaat dat

van die nuwe tegnologie wat tans ontwikkel word, in betreklik kleiner

inkremente vorder as waaraan ons vantevore gewoond was.

Almal vlieg deesdae hommeltuie (

drones

) rond, maar die tegnolo-

gie waarmee die beelde in data omgeskakel word en wat ons as

produsente kan gebruik om meer produktief te wees, is nog nie ten

volle ontwikkel nie. ‘n Realiteit wat ons beslis sal moet oorkom, is

dat die produsente wat die meeste tegnologie benodig om te

oorleef, nie noodwendig dié is wat die geld het om dit te laat

ontwikkel nie.

Die uitstallings van die insetverskaffers was absoluut indrukwek-

kend en die koste aan demonstrasies was ‘n toonbeeld van geld

en nie van ‘n gesukkel nie. Tog het dit geblyk dat ons Amerikaanse

eweknieë nie noodwendig meer geld as ons maak nie. Dít het ek

van ons eie produsente hoor sê.

Dit is lekker om weer tuis te wees, skaaptjops te eet en in jou eie

bed te slaap. Ek slaap gerus, want ek weet dat die wêreld nie sommer

sonder kos sal wees met alles wat nog op pad is en met die ken-

nis oor graanproduksie nie. Wie dit eendag gaan produseer, is seker

‘n ope vraag.

As ek sien hoe ons produsente se vernuftigheid met dié van die

VSA vergelyk, sal ons beslis een van die lande wees wat nog gaan

produseer

.

Nuwe tegnologie bly belangrik

vir Suid-Afrika

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

...produsente wat

die meeste tegnologie

benodig om te oorleef,

is nie noodwendig dié

wat die geld het

om dit te laat

ontwikkel nie.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Oktober 2017