Background Image
Previous Page  8 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 8 / 124 Next Page
Page Background

< 6

NAMPO 2015

Oesdag/Harvest Day

www.nampo.co.za

Hierdie wenresep

is op pad na ‘n halfeeuviering

Johan Loxton en Cobus van Coller tydens verlede jaar se Graan SA

NAMPO Oesdag.

Wanneer besoekers na afloop van die NAMPO Oesdag hul

herinneringe oor ‘n koppie koffie bespreek, spring die

Oesdagkomitee (wat uit 13 komiteelede bestaan) reeds

aan die werk met die volgende een se beplanning. Eer-

stens word alle administrasie van die pas afgelope Oes-

dag afgehandel. Daarna word probleemareas wat deur die

komitee, personeel van Graan SA, uitstallers en besoe-

kers aangemeld is, gefilter sodat noodsaaklike veranderings

en verbeterings eerste aangespreek kan word. Beplanning,

begroting, goedkeuring en implementering is volgens Loxton

die resep wat gevolg word.

Mnr Cobus van Coller, voorsitter van die Oesdag, voeg by dat

dié nabetragtingsvergadering wat na afloop van elke Oesdag

gehou word, help om positiewe en negatiewe punte uiteen

te sit. Sodoende word verseker dat die volgende Oesdag nog

beter sal wees. Hulle ontvang gedurende die Oesdag uit alle

oorde komplimente, versoeke en voorstelle.

“Baie van die mense wat voorheen betrokke was by Graan SA

en die NAMPO Oesdag gee waardevolle terugvoer wat nie

gering geskat kan word deur die komitee nie,” aldus Loxton.

Hy noem ook dat hulle twee keer per jaar met van die groter

uitstallers vergader en ook hulle insette in ag neem. Met teg-

nologie wat amper daagliks verbeter, kan hierdie landbou- en

handelstentoonstelling nie anders as om jaarliks te vernuwe

nie. Volgens Loxton en Van Coller is hulle nou in die tweede

fase van ‘n driejaarplan om uitbreidings en verbeterings aan

die Oesdagterrein aan te bring sodat nuwe en bestaande uit-

stallers geakkommodeer kan word.

Daar word gekyk na die vraag na uitstalruimte asook wat

tot hul beskikking is om infrastruktuur in plek te kry voordat

die plan uitgerol kan word. Die komitee is tevrede met die

vordering op die nuwe terrein. Loxton noem dat een van die

uitstallers wat verlede jaar na ‘n groter standplaas verskuif

het, reeds vanjaar ‘n gebou oprig. “Kleiner en tydelike struk-

ture is reeds opgerig en ander ontwikkelinge, soos die vestig-

ing van gras, vind ook plaas. Die saadproefpersele is een van

die grootste uitbreidings vir vanjaar,” voeg hy by.

Daar word in 2015 ook iets nuuts aangebied vir die skoner

geslag. Met die afstel van die damesprogram, kan aansienlik

meer uitstallers wat spesifiek op die behoeftes van dames

gerig is, geakkommodeer word in die saal waar die program

voorheen aangebied is. Hierdie besluit sal na afloop van die

2015 Oesdag weer geëvalueer word. Omdat Suid-Afrikaanse

produsente onder moeilike omstandighede boer, bly dit vir

Graan SA belangrik om jaarliks hierdie positiewe landbou-

geleentheid aan te bied. Die NAMPO Oesdag bly die plek waar

‘n produsent prakties kan sien wat in die mark is en wat die

nuutste landboutegnologie bied.

“Jy kan op een dag, onder ‘een dak’ met kundiges gesels en

dan ‘n ingeligte besluit neem nadat die inligting, pryse en

dienste vergelyk is,” is Van Coller se verduideliking van die

waarde wat die NAMPO Oesdag vir hom as produsent inhou.

Hy glo dat die uitbreiding van die wildskomponent beslis

belangstelling gaan lok. Nuwe wildsuitstallers, soos wildsge-

nootskappe, gaan waardevolle inligting met belangstellendes

kom deel. Hierdie komponent wat stelselmatig by die Oesdag

ingefaseer word, stel ‘n verdere vertakking van die boerdery-

bedryf ten toon.

Besoekersgetalle oor die afgelope drie jaar het bewys dat daar

‘n gemiddeld van meer as 70 000 besoekers oor die vier dae

deur NAMPO Park se hekke beweeg. Bywoning word nie te

erg beïnvloed deur landboutoestande soos die droogte van

hierdie seisoen nie. Aankope by uitstallers kan wel afneem,

maar dit bly ‘n positiewe geleentheid wat produsente nie wil

misloop nie. Die weer beïnvloed wel besoekersgetalle en omdat

die reënseisoen juis voorheen besoekergetalle laat afneem het,

is die besluit 13 jaar gelede geneem om die Oesdag twee weke

later te verskuif sodat Oesdagbesoekers die uitstalruimtes in

droë toestande kan besoek.

Loxton vertel dat hy steeds opgewonde raak oor elke NAMPO

Oesdag. “Die spangees en samewerking tussen die komitee,

bestuur en personeel gedurende die Oesdag laat my elke jaar

trots voel op dit wat op NAMPO Park plaasvind,” gesels hy.

Met die 50ste Oesdag wat volgende jaar aangebied word,

is ‘n subkomitee reeds geïdentifiseer om na dié hoogtepunt

op die NAMPO-kalender om te sien. Die komitee beplan ook

om diegene wat voorheen betrokke was by die Oesdag vir

insette te nader. “Hierdie is ‘n geleentheid om erkenning te

gee aan almal wat vroeër jare betrokke was by die Oesdag.

Dit gaan ‘n geleentheid wees vir die hele landboubedryf om

landbou te vier,” gesels die twee oor die viering van die 50ste

bestaansjaar. “Ons is werklik bevoorreg om hierdie platform,

die NAMPO Oesdag, te hê waar die beeld van landbou uit-

gebou kan word en waar netwerkgeleenthede geskep word,”

sluit Loxton af.

Vervolg van bladsy 5