Background Image
Previous Page  7 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 7 / 124 Next Page
Page Background

< 5

www.nampo.co.za

NAMPO 2015

Oesdag/Harvest Day

buite die parkeerarea, aan die kara-

vaanpark se kant van NAMPO Park,

opslaan. Dit skep die geleentheid vir

besoekers om nader aan die terrein

oor te bly. Op hierdie manier poog

ons om ons geriewe te verbeter en

meer slaapplek te voorsien.

Nog ‘n nuutjie is die nuwe NAMPO

toep (

app

) wat ons vanjaar bekend-

stel. Dié toep maak dit vir besoekers

makliker om toegang tot inligting te

kry sonder om met handevol bros-

jures rond te loop. Nadat die toep

afgelaai is, kan die QR-kode van ʼn

deelnemende uitstaller geskandeer

word. Die uitstaller se inligting of

dié van sy produk sal dan elektro-

nies na jou toe gestuur word en die

uitstaller sal jou kontakbesonder-

hede ontvang. Dit is ‘n toegevoegde

waarde waardeur ons vir die uit-

stallers beter toegang tot die be-

soekers verleen en ook vir besoekers

ʼn beter diens lewer. Die beplanning

is om die toep verder te ontwikkel

vir meer gebruike en verdere waar-

detoevoeging.

Dit lyk asof al meer produsente hulle

in ‘n mate tot wild as opsie begin

wend. Meer uitstallers wat die be-

hoefte aan wildboerdery aanspreek,

word daarom betrek.

Die laaste toevoeging is nou wel nie

iets nuuts nie, maar met die om-

vang van beurtkrag wat ons die af-

gelope jaar ervaar, voorsien ons dat

daar baie meer navrae gaan wees

oor alternatiewe maniere om krag

op te wek – veral sonkrag – en

poog ons om ook in daardie behoef-

te te voldoen.

IS DAAR SPESIALE VOORDELE VIR

GRAAN SA-LEDE?

Graan SA se eerste prioriteit is in alle

opsigte sy lede. Daarom is daar altyd

‘n hele paar spesiale reëlings wat getref

word om hierdie geleentheid nommer

een op hul kalender te maak:

Alle lede kry gratis toegang tot

NAMPO. Hulle kan by die ledehek

inkom en kry gratis parkering naby

die ledelokaal asook vervoer met ‘n

gholfkarretjie tot by die ledelokaal

waar ons hulle ontvang en waar

hulle gesellig kan verkeer en ontspan.

Hulle kry die geleentheid om op

hoogte te kom en te bly met die

nuutste produkte en dienste.

Die wins wat uit die NAMPO Oesdag

gegenereer word, word aangewend

om beter dienste aan ons lede te

lewer hetsy dit markinligting, na-

vorsing, beeldbou of onderhandeling

met die regering oor temas soos

grondsake behels.

Dit is die direkte voordele vir lede. Die

organisasie behoort aan sy lede – die

lede is die aandeelhouers in Graan SA.

Dit moet vir Graan SA-lede aange-

naam wees om deel te wees van die

terrein, fasiliteite en so ‘n geleentheid.

WAT IS JOU VISIE VIR NAMPO?

Ons poog om al hoe meer rolspelers by

NAMPO te betrek. Daar is altyd nuwe

ontwikkelinge en veranderings in die

graanbedryf en ons sal graag op die voor-

punt daarvan wil bly om seker te maak

ons spreek die heel nuutste tendense

aan. Ons sal ook nog meer rolspelers wil

betrek om vir produsente te illustreer

watter ander waardetoevoegingsge-

leenthede daar is. Ons ken die bedryf

soos hy nou daar uitsien, maar sal graag

ons produsente op hoogte wil bring van

enige geleenthede op verbetering wat

daar mag bestaan.

NAMPO is die grootste landbou- en

handelstentoonstelling in die Suidelike

Halfrond, maar ons sal in die toekoms

al meer deelnemers uit Afrika hier wil

ontvang – nie net die afvaardigings wat

hiernatoe kom vir waarneming nie, maar

ook produsente van die Afrika-lande om

hulle hier van die nuwighede te kom

vergewis en van moontlike toekomstige

produkte en dienste kennis te neem. Dan

bly beeldbou en die belangrikheid van

die graansektor vir voedselsekerheid ʼn

prioriteit. Daarin dra Nasie in Gesprek

by tot die debat wat maak dat ons vol-

houbaarheid in plek kan hou.

Hierdie wenresep

is op pa na ‘n halfeeuviering

Louise Kunz,

SA Graan/Grain

medewerker

As

‘n mens in ag neem dat die NAMPO Oesdag in 2016 vir

die 50ste keer aangebied sal word, is die resep wat jaarliks

gevolg word ter voorbereiding van dié besondere geleentheid,

beslis een wat werk! Mnr Johan Loxton, bestuurder: Kom-

mersiële Dienste van Graan SA, is reeds 19 jaar betrokke

by die Oesdagreëlings. Hy vertel dat die oorspronklike doel

van hierdie landbou- en handelstentoonstelling was om pro-

dusente die geleentheid te gee om op een dag, op een plek,

‘n verskeidenheid produkte te kan sien en vergelyk en ook as

produsente met mekaar en insetverskaffers te kan verkeer.

Vervolg op bladsy 6

“Dit is die een faktor wat in die 49 jaar nog nie verander

het nie – die Oesdag het dus om die regte rede ontstaan,”

voeg hy by. In die era waarin ons leef, is vernuwing egter

aan die orde van die dag en daarom kyk die Oesdagkomitee

jaarliks na die aanbieding van die Oesdag om te verseker

dat dié landbouvertoonvenster aan die voorpunt bly, veral

wat tegnologie en produkte betref. “Vernuwing moet plaas-

vind, daarom moes die manier van aanbieding oor die jare

verander, maar die doel van die NAMPO Oesdag bly deur-

gaans dieselfde,” noem hy.

Die NAMPO Oesdag is ‘n geleentheid vir

beeldbou en die organisasie doen moeite

om die media uit te nooi en te ontvang.

Hierdie was een van die onderhoude wat

verlede jaar met Jannie de Villiers gevoer is.