Background Image
Previous Page  3 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 124 Next Page
Page Background

EIENAAR/UITGEWER

GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE 9660

BESTURENDE REDAKTEUR:

Johan Loxton

Tel: 08600 47246

Faks: 086 509 7276

E-pos:

johan@grainsa.co.za

REDAKSIE

REDAKTEUR

: Estie de Villiers

Tel: 013 752 5731

Sel: 083 490 9449

Faks: 086 275 4157

E-pos:

estiedv@mweb.co.za

ADVERTENSIEVERKOPE

KOLBE ADVERTISING

– Kaapstad

Jurgen van Onselen

Tel/Faks: 021 976 4482

Sel: 082 417 3874

E-pos:

jurgenvo@iburst.co.za

ISSN 1814-1676

'n Groot probleem...

Ons

oudste dogtertjie lê nou een

aand met slapenstyd in haar bed en sê

ewe skielik uit die bloute, baie benoud:

“Mamma, ek het ‘n groot probleem.”

Effens verskrik en bekommerd (soos eni-

ge mamma seker) vra ek haar wat die

groot probleem is.

“Ek weet nie of ek eendag moet gaan

boer of wilde diere moet gaan mak

maak nie...”

Ek kon nie anders as om te glimlag vir

dié sewejarige se groot dilemma nie. Die

liefde vir die natuur en boerdery loop dik

in haar are. Gelukkig lê daar nog ‘n hele

klompie jare voor waartydens sy kan tob

oor die “groot probleem”.

As jy dalk ook ‘n “groot probleem” het

oor watter kultivar jy volgende sei-

soen moet plant; watter werktuig jy

moet aankoop; watter 4x4 die beste op

jou plaas gaan werk; of watter bees-

of skaapras jy moet oorweeg om in

jou boerdery in te bring; maak dan

beslis ‘n draai by vanjaar se Graan SA

NAMPO Oesdag – die vertoonvenster

van landbou.

By die NAMPO Oesdag kan jy die nuut-

ste werktuie, implemente en toerusting

en nog vele meer op een terrein; op een

dag (jy gaan sukkel, want NAMPO Park

is baie groot, maar dit is moontlik); met

mekaar vergelyk en produkkennis op-

doen om ‘n ingeligte besluit te neem oor

wat vir jou boerdery gaan werk. Hier

kan jy ook die nuutste landboutegno-

logie besigtig en al die vrae vra waaroor

jy wonder.

Hierdie spesiale Graan SA NAMPO Oes-

dag-uitgawe bied ‘n goeie oorsig van wat

jy by NAMPO kan verwag en wat die

uitstallers by hulle standplase en stal-

letjies aanbied.

Die uitstallers (wat bevestig het en kor-

rek was met die ter perse gaan van dié

tydskrif) is in afdelings in dié spesiale

NAMPO-fokusuitgawe ingedeel en al-

mal wat by die Oesdag uitstal plus hul

standplaas/stalletjie word op die eerste

bladsy van ‘n spesifieke afdeling gelys.

Ons adverteerders word ook spesiaal

op dié bladsye uitgelig. Doen asseblief

moeite en gaan maak ‘n draai by hulle

– sonder hulle sou hierdie fokusuitgawe

nie moontlik gewees het nie.

Waar jy wil wees

Die NAMPO Oesdag is natuurlik ook ‘n

ideale geleentheid om saam met vriende

en familie van regoor die land te kuier

– dit is niks vreemd om oud en jonk in

die skaduwee van ‘n boom te sien sit en

gesels en iets te ete geniet nie.

‘n Mens kan nie anders as om met ‘n

glimlag by die Oesdag rond te loop nie

– hier voel ‘n mens tuis – dit is jou

“dam se eende”. Dit is waar jy wil wees.

Sien jou by NAMPO!

Voorwoord

Estie de Villiers

redakteur

: SA Graan/Grain