Background Image
Previous Page  6 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 124 Next Page
Page Background

< 4

NAMPO 2015

Oesdag/Harvest Day

www.nampo.co.za

NAMPO Oesdag dra

beeld van graanprodusente uit

Adri Theron

, SA Graan/Grain

medewerker

Dit

is net graanprodusente wat tus-

sen beurtkrag en “beurtkos” staan. As

ons nie graanprodusente het wat die

risiko’s aanvat wat die graanbedryf in-

hou nie, gaan ons dieselfde situasie met

kos as met elektrisiteit hê – te min kos

vir Suid-Afrika. Volgens mnr Jannie

de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder

van Graan SA, is die uitdaging om die

gaping tussen beurtkrag en “beurtkos”

te vul daarin geleë dat mense ‘n een-

heidsgevoel het oor landbou. Die emosie

om die groep mense wat sorg dat daar

driemaal ‘n dag kos op jou tafel is, te

beskerm, moet ontstaan.

“Graan SA se NAMPO Oesdag is daarom

vir ons ʼn belangrike beeldbougeleent-

heid om daardie eenheid oor landbou

te kan skep. Dit moet so ver gaan dat

‘n onderwyseres byvoorbeeld vir haar

leerlinge vertel dat die broodjie wat

hulle vandag eet, die produk is van die

koring wat ‘n produsent geplant het,”

gesels De Villiers entoesiasties. Hierdie

tyd van die jaar is almal by Graan SA

druk besig met voorbereidings vir die

Oesdag.

SA Graan/Grain

was gelukkig

om hom so tussendeur 'n oomblik te

laat stilstaan om ‘n paar vrae oor die

komende Oesdag te beantwoord:

HOEKOM WORD DIE NAMPO OESDAG

AANGEBIED?

Daar is verskeie redes waarom NAMPO

gehou word, waarvan die belangrik-

ste oorkoepelende doel verseker is om

graanprodusente te ondersteun om

hulle produktiwiteit en winsgewendheid

te verhoog ten einde volhoubare voed-

selsekerheid vir ons land in die hand te

werk. Die ander belangrike redes is:

Om graanprodusente die geleent-

heid te gee om te sien wat die

mark bied – wat is nuut op die

mark en hoe vergelyk die verskil-

lende produkte met mekaar as jy

hulle saam op een terrein sien. Hulle

kan ook die verskeidenheid evalueer

– van die grootste tot die kleinste

en die goedkoopste tot die duurste

en ook watter funksies die verskil-

lende produkte bied. Daar is iets

van alles sodat die produsent be-

hoorlike vergelykings kan tref.

Die tweede doel behels netwerk-

geleenthede. Die hele waardeketting

se verteenwoordigers kom NAMPO

toe, want hulle kan met mekaar

kommunikeer en bande versterk.

Omdat daar nie geskeduleerde

programme is nie, is daar ruim

geleentheid om rond te beweeg en

met verskaffers te kommunikeer

oor produkte en dienste waarvan

hulle meer inligting benodig. Vir

alle produsente, maar veral ook vir

ons opkomende produsente, is dit

‘n goeie geleentheid om by mentors

of verskaffers aan te doen om te

leer hoe sekere produkte of diens-

te werk. Graan SA gebruik ook die

geleentheid om politici en beleid-

makers te nooi om landbou en sy

mense eerstehands te kom ervaar.

Derdens is dit ‘n geleentheid vir

beeldbou. Ons doen moeite om die

media uit te nooi en te ontvang,

want mense wat NAMPO nie ken

nie, kry ‘n heel ander indruk van ons

as hulle eerstehands met die nuut-

ste tegnologie en produkte kennis

maak – veral satelliettegnologie en

presisieboerdery. Die beeld wat ons

wil uitdra, is dat boerdery ‘n weten-

skaplike besigheid is.

Vir ons as organisasie is dit ook ‘n

geleentheid om ʼn inkomste te ge-

nereer. Ons moet dus verseker dat

dit ‘n winsgewende besigheid is,

waaruit ons weer vir produsente

dienste kan lewer.

HOEVEEL UITSTALLERS IS DAAR EN

NA WATTER NUWIGHEDE KAN BE-

SOEKERS UITSIEN?

Ons verwag hierdie jaar ongeveer 650

uitstallers, waarvan 60 internasionale

uitstallers gaan wees. Dit sluit lande

soos Italië, Frankryk, Argentinië, die

Verenigde State van Amerika (VSA)

en Israel in. Daar is ‘n hele aantal nu-

wighede waarna besoekers kan uitsien:

‘n Opwindende toevoeging is die

saadproefpersele. Agt saadmaat-

skappye het hierdie jaar saad-

proewe op die terrein aangeplant.

Die uitdagings is groot met die

droogte vroeër in die jaar en omdat

sekere gewasse al teen die Oesdag-

week ryp gaan wees, maar dit hou

die voordeel in dat elke saadmaat-

skappy sy eie produkte in werklike

omstandighede kan vertoon.

Met die uitbreiding van die ter-

rein het ‘n besoek aan NAMPO ‘n

“ver stap”-geleentheid geword en

om dit aan te spreek, is ‘n interne

vervoerstelsel ingebring met ‘n paar

sleepwaens wat sekere roetes op die

terrein diens. Só kan besoekers op-

klim en na die ander kant van die

terrein of die uitgaande roete ry

– dit is vinniger en nie so vermoei-

end nie. Dit is ‘n nuwe diens aan

Oesdaggangers wat ons hoop suk-

sesvol sal wees.

Die nuwe elektroniese kaartjiestelsel

maak dit vir besoekers moontlik

om hul kaartjies oor die internet

te koop. Hopelik gaan dit meewerk

dat mense uit die stad kaartjies

moeitevry in die hande kan kry en

dat dit die toegangsvloei sal ver-

hoog. Om besoekers aan te spoor

om hul kaartjies vooraf te koop,

gaan die elektroniese kaartjies R10

goedkoper wees as by die hekke.

Graan SA gaan vanjaar ‘n tenthotel

beskikbaar maak – soos wat dit by

groot geleenthede soos die Argus

gedoen word. Die instansie wat dit

bedryf, gaan eenhonderd twee-

mantente en ablusiegeriewe oprig.

Besoekers kan vooraf bespreek by

www.harambeehotel.com

en die

tarief sluit ontbyt in. Ons wil dit net