Background Image
Previous Page  9 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 124 Next Page
Page Background

< 7

www.nampo.co.za

NAMPO 2015

Oesdag/Harvest Day

Agter die

NAMPO Oesdag-skerm

Estie de Villiers, redakteur:

SA Graan/Grain

'n

Mens besef nie aldag hoeveel voorbereidings gedoen moet

word voor ‘n groot gebeurtenis soos die Graan SA NAMPO

Oesdag kan plaasvind nie. Met 70 000 plus besoekers en

meer as 650 uitstallers wat verwag word, is dit te verstane

dat daar heelwat beplanning (asook harde werk en sweet!) in

die gebeurtenis ingaan.

Die redaksie het met van die Graan SA-personeel wat nou

betrokke is by die Oesdag gesels om te hoor wat alles agter

die skerms plaasvind. Mnre Johan Loxton (bestuurder: Kom-

mersiële Dienste, Graan SA), Wim Venter (oesdagbeampte:

Graan SA) en Bennie Zaayman (plaasbestuurder: Graan SA)

lig die sluier so effens vir ons lesers.

DIE OESDAGKOMITEE

Elke lid van die Oesdagkomitee, met mnr Cobus van Coller

(dagbestuurslid van Graan SA) as voorsitter, word be-

paalde take/verantwoordelikhede toegedeel. Só word daar

gedurende die Oesdag omgesien na die veeuitstallings, demon-

strasies, die skoonhou van die terrein asook toegangsbeheer.

Verversings is ook ‘n belangrike komponent en al word die

kiosks deesdae op tender toegeken, moet die spyskaarte en

pryse nogtans goedgekeur en gereguleer word om te verseker

dat pryse regoor die terrein gestandaardiseer is.

Verder is die Oesdagkomitee ook verantwoordelik vir die

aanloopbaan en lugverkeerbeheer asook rampbestuur op die

terrein. Die verkeers-, ambulansdienste en polisie word ook

deur die komitee gekoördineer. Gedurende die tydperk wat

die NAMPO Oesdag plaasvind, vergader die Oesdagkomitee

elke oggend om 06:00 – waartydens terugvoer gegee word

en die beplanning vir die dag gedoen word. Dan moet daar

natuurlik ook medianavrae hanteer word, oorsese besoekers

te woord gestaan word en enige versoeke wat uitstallers het,

na omgesien word.

OPGRADERING, UITBREIDING EN INSTANDHOUDING

Die opgradering en uitbreiding van NAMPO Park word vol-

gens ‘n prioriteitslys gedoen. Jaarliks, in Oktober, word die

beplanning aan die Graan SA Dagbestuur vir goedkeuring

voorgelê waarna die werksaamhede op die terrein begin.

Instandhouding word deurlopend gedoen en net voor die

Oesdag in Mei begin, word voorkomende instandhouding ook

gedoen. Dan word die gas- en verkoelingsinstallasies, die ri-

oolstelsel asook boorgate nagegaan en al die elektrisiteits-

voorsieningspunte asook die kragopwekker wat op bystand

is, getoets.

Uitstallers doen ook self reg deur die jaar instandhoudings-

werk op hulle standplase. NAMPO Park is die afgelope

paar jaar met 1 000 m² uitgebrei. Volgens Loxton behoort

die infrastruktuur op die nuwe gedeelte oor die volgende on-

geveer twee tot drie jaar gevestig te word. Daar moes onder

andere twee brûe oor die waterbaan gebou word by die nuwe

kaartjiekantore asook een wat swaarvoertuie kan akkom-

modeer. In Augustus verlede jaar is begin om die pad (van die

nuwe uitbreiding) van die hek af te plavei.

UITSTALLERS

Die aansoeke vir uitstallers vir die volgende NAMPO Oesdag

open reeds 1 Junie – skaars twee weke ná die afgelope Oes-

dag. Uitstallers kan elektronies op die webtuiste aansoek doen

en die kontrakte word in Novembermaand uitgestuur aan

bestaande uitstallers wat weer by die Oesdag wil uitstal en

wel kwalifiseer. Die keuringsproses vir nuwe aansoeke vind in

Januarie en Februarie elke jaar plaas. Uitstallers begin reeds

vanaf die middel van April om hulle werktuie, implemente en

toerusting aan te ry NAMPO Park toe. Alle uitstallers moet

reeds om 14:00 op die Maandag voor die Oesdag begin, met

hulle uitstallings klaar wees.

SEKURITEIT

Gewone patrollies word deurlopend gedurende die jaar op

NAMPO Park gedoen en sekuriteit word reeds drie weke

voor die Oesdag ‘n aanvang neem, opgeskerp en uitgebrei.

Karwagte, as deel van ‘n werkskeppingsinisiatief, word ook

tydens die Oesdag gebruik om Oesdaggangers se voertuie op

te pas.

EN WANNEER DIE HEKKE SLUIT?

Om 17:00, wanneer die hekke sluit, word daar begin om die

sale skoon te maak en te sluit. Die terrein word opgeruim en

enige herstelwerk waar nodig, word afgehandel. Daar word

seker gemaak dat al die besoekers en uitstallers die terrein

verlaat het – slegs die sekuriteitswagte en amptelike perso-

neel word daarna op die terrein toegelaat.

NAVRAE

Enige navrae gedurende die Oesdag kan aan die behulpsame

personeel by die Inligtingstoonbank gestel word. Kyk ook in

die hekprogram – wat gratis by die toegangshekke beskik-

baar is. Hier kan jy presies sien wie wat waar uitstal.

Wim Venter, Johan Loxton en Bennie Zaayman.