Background Image
Previous Page  3 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 44 Next Page
Page Background

1

December 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Pietman Botha, Jannie de Villiers, Alzena Gomes, dr Belinda Janse van Rensburg, ds Koos Kirsten, Louise Kunz, Corné Louw, dr Safiah Ma’ali, prof Vinesh Maharaj,

Jaco Minnaar, Jolanda Nortjé, Ruth Schultz, Gerrie Smit, Liana Stroebel en Luan van der Walt

w

ie ken die skrywer Audrey Blignault? Sy was ‘n Afri-

kaanse skrywer en joernalis wat veral bekend is vir

haar sketse, essays en kortverhale – en sy is een van

my gunstelingskrywers. Ek lees nou die dag ‘n stukkie

wat sy oor spreekwoorde in

Oulap se rooi

geskryf het.

“Ek wonder waar en wanneer en in watter omstandighede ou suur-

knol-spreekwoorde ontstaan het? Byvoorbeeld: Ledigheid is die dui-

wel se oorkussing. Ons moet soms ledig wees. As ons nie ledig is

nie, kan ons nie kuier of gesels of oefeninge doen of lees nie. Ons kan

nie deur die tuin stap net om na ons blomme te kyk, met die kinders

speel op die grasperk of in ‘n warm bad lê en mymer nie. As jy nooit

ledig is nie, dink jy nooit. Die duiwel se oorkussing is eerder ‘n oor-

maat van bedrywigheid wat ‘n mens naderhand so opeis en so ge-

spanne maak dat jy verlore en ongelukkig voel as jy êrens op ‘n plek

moet stilsit met jou hande in jou skoot. Nee, ek sê ‘n mens moet leer

om met vreugde ledig te wees en bog met die duiwel se oorkussing.”

Jannie de Villiers het ook by die Redaksionele Komitee se afsluitings-

vergadering vertel van die boek

GRIT: The power of passion and

perseverance

deur Angela Duckworth wat hy besig is om te lees.

‘n Mens moet volgens haar

reflect

(terugkyk),

refine

(oor waarheen

jy op pad is) en

repeat

(herhaal dit wat jy goed/reg gedoen het en

begin weer van voor af).

En is die Kers- en vakansietyd nie juis die ideale tyd om dit te doen

nie? Ek weet, ek vind dit ook moeilik om net ‘n bietjie “stil te sit”

– voel sommer dadelik skuldig en soek iets om te doen, maar ‘n

mens het nodig om stil te raak om net weer perspektief in jou lewe te

kry. So komaan, raak ‘n bietjie stil (al is dit voor in jou bakkie, onder

‘n doringboom, op die wenakker) en reflekteer oor jou lewe, jou

gesin, jou boerdery. Maak tyd om te lees en begin sommer met dié

Kersuitgawe van

SA Graan/Grain

.

Dr Belinda Janse van Rensburg (LNR-Graangewasse) en prof Vinesh

Maharaj (Universiteit van Pretoria) bespreek navorsing op en be-

heer van Diplodia op mielies (bladsy 16), Corné Louw (Graan SA)

kyk na die belangrike ekonomiese aanwysers en insetprystendense

van 2017 (bladsy 20), Luan van der Walt (Graan SA) verduidelik meer

oor diversifikasie (bladsy 22) – én die tema vir 2018 se Graan SA/

Sasol fotokompetisie (bladsy 31) word bekend gemaak.

Lekker ontspan saam met jou geliefdes.

Geseënde Kersfees!

VOORPUNT

Meet our

contributors...

V

olgens die Nasionale Oesskattingskomitee se

voorneme om te plant-verslag wat einde Okto-

ber bekend gestel is, word die verwagte mielie-

aanplantings vir die seisoen op 2,47 miljoen ha,

sojaboonaanplantings op 720 000 ha en sonne-

blom op 665 500 ha geskat. Op

bladsy 18

kyk

LUAN VAN DER WALT

(Graan SA) na die vraag-

en-aanbodscenario’s gebaseer op dié voorneme

om te plant.

L

IANA STROEBE

L (Graan SA) berig op

bladsy 13

en

bladsy 14

onderskeidelik oor ‘n plaastoer,

wat die Graan SA Landbou-ontwikkelingsprogram

in September vanjaar vir nuwe era-graanboere in

die Suid- en die Wes-Kaap aangebied het, asook

twee boeredae wat by Langgewens Proefplaas en

AB InBev op Caledon aangebied is.

M

et presisieboerdery word gewoonlik eerste

gedink aan die toediening van kalk of kunsmis

volgens ‘n grondkaart of verwagte opbrengskaart,

maar in praktyk is daar heelwat ander plekke waar

presisieboerdery ‘n groot bydrae kan maak en in

plek moet wees om ‘n bydrae te kan maak. Soms is

dit die klein dingetjies wat ‘n groot verskil in die op-

brengste kan maak.

PIETMAN BOTHA

(

SA Graan/

Grain

medewerker) verduidelik op

bladsy 26

hoe

jy jou winste met presisieboerderybeginsels kan

optimaliseer.

I

n response to producers’ rising concern about

the impact of Sclerotinia diseases in grain fields,

Grain SA and Bayer CropScience joined hands to

host three information days in different production

areas of the country to share more information

about this devastating pathogen.

LOUISE KUNZ

(

SA Graan/Grain

contributor) attended the informa-

tion day at NAMPO Park – more on

page 33.

D

R SAFIAH MA’ALI

is from Palestinian

descent and was born and bred in

Jordan. She completed her Master’s Degree

in field crop production and breeding at the

University of Jordan and her PhD in Agron-

omy at the University of Stellenbosch.

She worked as a researcher at the Agricul-

tural Research and Technology Transfer

Council in Jordan until 1999 when she moved with her husband to

South Africa. In 2003 she joined the ARC-Grain Crops as a senior

researcher in agronomy and worked as project manager on different

national cultivar evaluation trials (maize and sorghum). Recently she

became the project manager for sunflower national cultivar evalua-

tion trials.

Dr Ma’ali is married to Dr Sameer – he is a veterinarian and has his

own practice in Potchefstroom. They have two children: A son,

Aazad, and a daughter, Razan, who are both pursuing their university

studies in Canada.

Read more about how delayed planting impacts sunflower yield on

page 28.

Tydens die Redak-

sionele Komitee

se afsluitings-

vergadering in

November vanjaar

op NAMPO Park

is die tydskrif

se medewerkers

bedank vir hul

gereelde bydrae

tot die tydskrif.