Previous Page  79 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 79 / 84 Next Page
Page Background

Sandgrondproewe

trek produsente se aandag

D

ie Sandgrondontwikkelingskomitee (SOK) se jaarlikse

boeredag is op 22 Februarie vanjaar in die Kroonstad-

distrik op mnr Danie Minnaar se plaas, Springboklaagte,

gehou. Die doel was om veldproewe en resultate van die

SOK-projek oor bewaringslandbou bekend te stel.

Die tema vir die dag was produksiestelsels onder bewaringsland-

bou wat waterverbruiksdoeltreffendheid op sandgronde bevorder.

Streek 22 van Graan SA het terselfdertyd ‘n inligtingsessie aange-

bied. Die dag is bygewoon deur 78 produsente en verteenwoor-

digers van verskeie maatskappye.

Die boeredag het afgeskop met ‘n veldbesoek aan verskeie proewe

– waarin groot belangstelling getoon is.

Minnaar (

Foto 1

) het agtergrond oor ‘n standproef met mielies

verskaf. Terwyl sy mieliestande as ‘n reël 20 000 plante tot

22 000 plante per hektaar is, het die afgelope twee uitstekende

reënvalseisoene dit genoodsaak om hoër stande – tot 40 000 plante

per hektaar – te ondersoek.

Mnr Kobus van Zyl van Omnia (

Foto 2

) het verduidelik dat bevre-

digende wortelontwikkeling die sleutel hou tot ‘n bogemiddelde

mielie-oes. Op die sandgronde van die omgewing, wat geneig is

om te verdig, is ‘n tandem-skeurploegbewerking die enigste

versekering vir goeie wortelontwikkeling.

Na die veldbesoek het die produsentemedewerkers op die SOK-

projek ‘n oorsig gegee van die vorige seisoen se proefresultate. ‘n

Resultaat wat in mnr Thabo van Zyl se proef op sy diep sandgronde

onder mielies uitgestaan het, is dat 750 mm die mees ekonomiese

diepte vir skeurploegbewerking is.

Mnr Lourens van der Linde, ook 'n produsentemedewerker, se be-

werking- en wisselbouproewe het erg deurgeloop – eers onder

erge windskade en daarna onder oorvloedige reën. Vir die huidige

seisoen lyk die proewe egter uiters belowend.

Minnaar het, onder andere, bewys dat hoewel opbrengs toeneem

met ‘n toename in plantestand, daar duidelike kultivarverskille was

– ‘n aspek wat die produsent in gedagte moet hou.

In die inligtingsessie van Streek 22 het mnr Jannie de Villiers (HUB)

die uiters sensitiewe saak van grondonteiening sonder vergoeding

omvattend bespreek. Hy het genoem dat Graan SA ‘n aantal

strategieë in plek het om hierdie saak te hanteer. Hy het benadruk dat

die lesse uit Afrika getoon het dat voedselsekerheid slegs haalbaar

is waar eiendomsreg bestaan.

Dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking,

Graan SA) het in sy praatjie oor markinligting genoem dat daar

tans nasionaal en internasionaal ‘n oorskot van mielies en koring

is. Teen die agtergrond van ‘n wêreldekonomie wat so min groei

toon, is dit nodig dat produsente se fokus van optimale op-

brengs na optimale wins verskuif – met inagneming van al die

produksiekostekomponente.

In sy samevatting het Van Zyl van Omnia genoem dat die produ-

sent moet onthou dat “‘n mielieplant nie jok nie” en dat grond ‘n

geheue het in terme van eksterne invloede soos bewerking en

aksies wat grondgesondheid beïnvloed. Produsente moet hul risi-

ko’s beter bestuur, die regte dinge beter doen en veral wisselbou

begin toepas.

77

April 2018

AKTUEEL

2: Kobus van Zyl bespreek wortelontwikkeling onder skeurploegbewerking. Let op die vrywater in die kleiner gat, wat dui op ‘n watertafel

– ‘n kenmerk van die sandgronde in goeie reënvaljare.

3: In 'n gesellige luim na afloop van ‘n uiters suksesvolle boeredag: Lourens van der Linde, Jaco Minnaar (voorsitter, Graan SA), Jannie de Villiers,

dr Danie Beukes (SOK-projekleier), Danie Minnaar, dr André Nel (SOK-projekleier) en Thabo van Zyl. Afwesig: Danie Crous (produsentemedewerker).

DR DANIE BEUKES

en

DR ANDRÉ NEL,

projekleiers, Sandgrondontwikkelingskomitee

1

2

3

1: Danie Minnaar verskaf agtergrond oor sy standproef

met mielies.