Previous Page  73 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 73 / 84 Next Page
Page Background

! "

# $ % &

' %(

) # $ % &

' %(

* +# + , ! " -" -.

/ 0 #

-

! " -" -.

12 3 4 2 15 3 531

)51 6 31

Working on Fire en Kishugu Training kan grondeienaars

help met opleiding vir brandbestryding. Kontak hulle

by:

Oos-Kaapse provinsiale kantoor: 043 683 2184

Noordwes Provinsie se provinsiale kantoor:

018 290 8512

Mpumalanga hoofkantoor: 018 290 8512

Vrystaatse provinsiale kantoor: 051 451 2365

Wes-Kaapse provinsiale kantoor: 021 532 1516

Limpopo provinsiale kantoor: 015 590 1530

Gautengse provinsiale kantoor: 011 314 0254

Mpumalanga provinsiale kantoor: 013 752 4068

KwaZulu-Natalse provinsiale kantoor:

033 330 7715

Of besoek

workingonfire.org

Die wet is nie voorskriftelik daaroor dat jy aan ‘n brandbestry-

dingsvereniging moet behoort nie, maar daar is duidelik twee of drie

groot voordele daaraan verbonde om wel aan te sluit:

Omgekeerde aanspreeklikheid: As grondeienaar geld daar

outomaties ‘n vermoede van nalatigheid teen jou indien jy nie

lid van die brandbestrydingsvereniging in jou omgewing is

nie. Indien jy wel ‘n lid is, dan rus die onus op die eiser om jou

nalatigheid te bewys.

Indien jy deel is van ‘n brandbestrydingsvereniging, het julle

‘n gesamentlike plan en hulpmiddels wat julle kan gebruik om

brande te bestry. Ons sou selfs as brandbestrydingsvereniging

by die minister kon aansoek doen om kwytskelding vir die

maak van brandbane in sekere omstandighede soos per julle

brandplan.

In alle waarskynlikheid sal jou versekeraar jou tegemoetkom

indien jy wel ‘n lid van jou plaaslike brandbestrydingsvereniging

is en só kan jy dalk geld spaar.

Die inligting in die artikel verskaf ‘n goeie aanduiding van die

basiese punte waaraan voldoen moet word. Die hele gesprek oor

‘n behoorlik-hersiene versekeringspolis regverdig ‘n artikel op

sigself: Veral vir produsente wie se hele oes op die land staan en

wat blootgestel is wanneer die winde waai en vure versprei. Daar

is allerlei maniere om dié risiko met behulp van ‘n behoorlik-

opgeleide en geregistreerde makelaar te verskans. Gesels gerus met

jou makelaar hieroor.

Die koste van vuur bestry, behels dikwels heelwat meer as net die

oopdraai van ‘n kraan en die vashou van ‘n paar brandplakke. Is

jy gereed daarvoor en toegerus om sinvol te help veg teen on-

welkome vuur?

Kontak Andries Wiese by

driesw@hollard.co.za

.