Previous Page  7 / 8 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 8 Next Page
Page Background

OUTEUR SE NOTAS

VII

ingedeel word, met ’n kort tydperk tussen die twee wat as ’n oorgangstydperk

beskou kan word.

Gedurende die eerste tydperk, vanaf die begin van die twintigste eeu, het die

neiging na groter beheer oor veral landboubemarking algaande toegeneem, eers

met die stigting van koöperasies om onderlinge samewerking te probeer bevorder

tot volskaalse statutêre beheer vanaf die 1930’s.

Die verskillende landboubedrywe is beheer deur statutêre beheerrade sonder

besluitnemingsmagte onder beheer van die Minister van Landbou, wat beteken

het dat die regering in werklikheid totale beheer oor die landbou-omgewing uit-

geoefen het. Dit is wel so dat die produsente die meerderheidstem in die beheer-

rade gehad het, maar uiteindelik kon die beheerrade nie bindende besluite neem

nie, maar slegs aanbevelings aan die Minister van Landbou maak.

Gedurende die tweede tydperk, vanaf 1996, geld ’n totaal teenoorgestelde be-

deling met ’n vrye mark sonder beheerstelsel of bemarkingskemas en ’n bemar-

kingswet wat spesifieke voorskrifte het waaraan die regering moet voldoen indien

hy enige beheermaatreëls ten opsigte van landboubemarking wil instel.

Die “oorgangstydperk” het ongeveer vanaf 1987 tot 1996 geduur. In dié boek

word op verskeie plekke verwys na die gebeure gedurende die oorgangstydperk

wat druk op die beheerde stelsel geplaas het en uiteindelik uitgeloop het op die

Bemarkingswet van 1996 en deregulering van landboubemarking. Hierdie tydperk

het saamgeval met die veranderings in die politieke omgewing binne Suid-Afrika,

wat eweneens uiteindelik uitgeloop het op ’n totaal nuwe politieke bedeling in die

land na die verkiesing van 1994 – wat die totale sosiale en besigheidslandskap in

Suid-Afrika radikaal verander het.

INDIVIDUELE JARE

Landboutoestande verander van seisoen tot seisoen (hetsy ten opsigte van

klimaat, reënval, opbrengs, pryse, wêreldmarkte, beskikbaarheid en vraag, om net

’n paar te noem) en elke seisoen het sy eie karaktertrekke, uitdagings en resultate.

Die optekening van die geskiedenis in hierdie boek geskied teen daardie algemene

kennis en agtergrond. Gevolglik word nie uitgebrei oor spesifieke probleme wat in

elke jaar ondervind is nie, maar word eerder gepoog om die algemene, breë

verloop van die geskiedenis weer te gee, behalwe waar werklike uitsonder-

like toestande of gebeurtenisse voorgekom het, soos die rekord mielie-oes

van 1981 en die vernietigende droogte skaars drie seisoene later, of die

droogte van 1992, teen die agtergrond waarvan verskeie maatreëls in-

gestel is of rigtinggewende veranderings aangebring is.

TEGNIESE ASPEKTE

Ten einde verwarring en onnodige detail te probeer uitskakel, word

verwysings na sommige benamings en begrippe soos volg gestandaar-

diseer:

Departement van Landbou

word gebruik vir alle verwysings na die be-

trokke staatsdepartement wat met verloop van tyd vir landbou verant-

woordelik was, ongeag die werklike benaming daarvan soos van tyd tot tyd

aangepas.

• Dieselfde geld vir verwysings na die

Minister van Landbou

.

• Die beheerrade het in sommige gevalle ook in spesifieke tydperke

verskil, veral in die beginjare. Dit is ook gestandaardiseer na by-

voorbeeld die

Mielieraad, die Koringraad, die Oliesaderaad

en die Sorghumraad

. Daar word gepoog om ter wille van teg-

niese korrektheid by die eerste verwysing na so ’n liggaam

die aanvanklike naam daarvan volledig aan te haal, maar

daarna bloot na die generiese of verkorte naam te verwys.

DAVID THERON

Outeur