Previous Page  3 / 8 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 8 Next Page
Page Background

VOORWOORD

III

ekonomies haalbaar wees, die behoud van eiendomsreg dien as die hoeksteen vir

voedselsekuriteit. Dit moet benadruk word dat die vryemark die verbruikers van

landboukommoditeite uitstekend gedien het. Geen sektor van die gemeenskap is

meer toegewyd tot die toekoms van Suid-Afrika as die landbousektor nie. Hier-

die moedige mans en vroue, oor kleurgrense heen, wat vir generasies alreeds die

grond bewerk – soms onder die mees uitdagende omstandighede – sowel finan-

sieel as klimatologies, moet regverdige en onbevoordeelde steun ontvang vir hulle

bydrae in die verskaffing van lewensmiddele vir ons nasie.

By die 50ste Graan SA NAMPO Oesdag in Mei 2016, het ons hierdie prestasies

en ons geskiedenis gedenk en ons dra ons dankbaarheid oor aan alle mans en

vroue, wat deur hulle toewyding en volharding, aan die industrie en Suid-Afrika, dit

moontlik gemaak het. Mag hulle uitsonderlike bydrae as herinnering dien vir beide

huidige as toekomstige leiers van die kritiese bydrae, wat in die strukture van – en

dit moet gemeld word – beste kommoditeitsorganisasie in Suid-Afrika dien.

God seën Suid-Afrika. Nkosi Sikelel’iAfrika. God bless South Africa.

LOUW STEYTLER

Voorsitter van Graan SA 2012 - 2016