Previous Page  2 / 8 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 2 / 8 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ’N REIS DEUR TYD

II

VOORWOORD

Louw Stey¥ler

Die tragedie van die Anglo Boere-oorlog, die eerste volksmoord van die 20ste eeu,

waarin so baie Afrikanermans, -vroue en -kinders, sowel as inheemse Afrikane,

mans, vroue en kinders, die hoogste prys betaal het en die daaropvolgende Afri-

kaner-nasionalisme het verreikende gevolge gehad vir alle Suid-Afrikaners. Die uit-

buiting van die diep-gewortelde onreg, hoofsaaklik veroorsaak deur die gierigheid

van die Britse Ryk en die voortspruitende erge uitbuiting van hierdie sentimente

deur Afrikanerleiers, in hulle strewe na selfbeskikking en die uitsluiting van die

inheemse bevolking lei tot die konfrontasie van die twee grootste nasionalismes,

Afrikaner-nasionalisme aan die een kant en Afrikane aan die ander.

Misbruik van politieke mag en die uitsluiting van die meerderheid het tot erge

konfrontasie gelei. Die daaropvolgende politieke kompromie, gelei deur twee

prominente Suid-Afrikaners, presidente Nelson Mandela en FW de Klerk, sowel

as die totstandkoming van die Grondwet van Suid-Afrika, waarin die reg van die

individu vasgelê is, lê die fondament vir ’n inklusiewe, demokratiese benade-

ring. Daarin vervat is menswaardigheid, bevordering van mensereg, vryheid van

spraak, godsdiens, assosiasie en ’n vrye pers, oppergesag van die Grondwet en

die reg, universele volwasse stemreg, nasionale kieserslys, gereelde verkiesings,

’n multipartystelsel en ’n demokratiese regering, om verantwoordbaarheid, re-

sponsiwiteit en openheid te verseker.

Die tragedie van Suid-Afrika is dat die gemeenskap nie ag geslaan het op die voor-

beeld wat president Nelson Mandela vir alle Suid-Afrikaners gestel het nie. As ’n

nasie, is dit noodsaaklik dat ons terugkeer na die ideaal van samewerking in ge-

meenskappe – mans en vroue uit alle bevolkingsgroepe – indien ons werklik ernstig

is oor ’n vooruitstrewende ekonomie om sodoende die huidige vraagstukke aan te

spreek. Suid-Afrikaners kan nie die vlakke van korrupsie, nepotisme en staatska-

ping deur ’n minderheid, in die hede sowel as die verlede, bekostig nie. Ons Kon-

stitusionele Hof is ’n baken van hoop vir alle Suid-Afrikaners wat ’n funksionele,

deursigtige, demokratiese en meelewende samelewing vereis.

Ondanks die politieke uitdagings wat ons in die gesig staar, moet ons die land-

bousektor se vermoë om die goedkoopste kwaliteit voedsel ter wêreld te produ-

seer, erken. Nogtans erken ons dat menige kwesbare gemeenskappe nie in staat is

om daagliks genoeg voedsel te bekostig nie. Hierin lê een van die grootste uitda-

gings – om die skreiende armoede wat deur vele Suid-Afrikaners ervaar word aan

te spreek. Een van die grootste voorregte wat deur alle Suid-Afrikaanse burgers

gedeel word, is voedselsekuriteit. Hierdie voorreg is slegs moontlik indien daar

wedersydse, voordelige samewerking reg deur die totale voedselketting is. Die

baken van hoop is die Grondwet en die Konstitusionele Hof.

Transformasie is ’n noodsaaklikheid. Tot dusver is dit in die wiele gery deur groot-

skaalse onbevoegdheid en onaanvaarbare vlakke van korrupsie. Indien daar meer

inklusiewe vlakke van samewerking binne hierdie voedselketting en die regering

was, sou ons veel verder en meer suksesvol gevorder het in die volhoubare

transformasie in die landbousektor. Enige optrede moet beide konstitusioneel en

Om die toekoms te verseker, is dit nodig om die verlede te

verstaan. Die mensdom herhaal voortdurend die foute van

die verlede en die katastrofiese effek wat hierdie historiese

feite gehad het op die psige en die optrede van alle burgers

van Suid-Afrika.