Previous Page  5 / 8 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 5 / 8 Next Page
Page Background

INLEIDING

V

moes aan die dienste wat aan hulle gelewer is, gemaak word. Die kultuur in die

organisasies moes ook aangepas word. Dit was nie meer dié een wat die hardste

geskree het of die mees dominante by die onderhandelinge was, wat gewen het

nie. Nuwe style en kundigheid moes gevestig word. Dit was nie ’n maklike tyd vir

die leierskap van die organisasies nie. Dit was voorwaar ’n voorreg om in daardie

tye in die raadsale groot te kon word en blootstelling aan so ’n groot transformasie

in ’n ekonomiese sektor te kry.

Graan SA het deur sy eie kwota van aanpassings gegaan en het uiteindelik by die

finale besluit gekom om al die graan- en oliesade-organisasies te amalgameer. Die

fynere besonderhede van die verhaal is meer na die agterkant van hierdie boek

te vind. Selfs vir diegene wat intens by die amalgamasie betrokke was, was daar

hoop dat dit nie weer nodig sal wees nie, maar in 2011 het daar helaas weer ’n

nuwe fase in Graan SA se geskiedenis aangebreek met die leierskap se besluit om

die organisasie te hernu deur na Pretoria te skuif. Die geskiedenis wys ons dat dit

seer sekerlik ook nie die laaste keer sal wees nie. Voortdurende verandering en

vernuwing dui op groei en lewenskragtigheid. Die landbousektor ken die siklusse

van die seisoene en weet ná snoei kom daar weer nuwe vrug. Bang vir verandering

is ons nie, maar dit bly moeilik en gaan nie sonder pyn gepaard nie.

As die grootste produsente-organisasie in Suid-Afrika, moet Graan SA op

allerlei terreine in georganiseerde landbou leiding neem – nie net op

graangebied nie. Dit maak die relevansie van ons lede ’n topprioriteit.

Voedselsekerheid is en bly een van die belangrikste fokusareas van

enige regering en dit maak dat Graan SA altyd polities relevant sal

bly. Ons vermoë en gewilligheid om aan te pas en topgehalte lei-

ding te gee, bepaal ons land se voedselsekerheid en uiteindelik ons

politieke stabiliteit. Stagnasie lei tot dood en daarom vereer ons

die leiers van die vorige en huidige generasie wat die mannemoed

aan die dag gelê het om aanpassings te maak om die graan- en

oliesadeprodusente wat vandag nog volhoubaar op hulle plase is,

daar te hou tot voordeel van almal in Suid-Afrika.

JANNIE DE VILLIERS

Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA sedert 2011