Previous Page  6 / 8 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 8 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ’N REIS DEUR TYD

VI

Outeur se

VERTREKPUNT EN AGTERGROND

Daar bestaan ’n onnoembare hoeveelheid navorsingswerke, artikels, skripsies,

menings, ondersoeke, studies en ander materiaal, om nie eers van oorlewering te

praat nie, wat op verskeie individuele aspekte van die verskillende faktore fokus en

wat lig daarop kan werp. Vir hierdie redes is die benadering in hierdie boek nie om

tegniese feite of die kronologiese verloop van gebeure vir akademiese doeleindes

weer te gee nie, maar eerder om die verhaal van graanproduksie in Suid-Afrika te

vertel, met spesifieke verwysing na die verhaal van Graan SA.

In die proses is sorg aan die dag gelê om feite en gebeure so korrek as moont-

lik weer te gee. Bronne wat daarvoor gebruik is, sluit in persoonlike onderhoude

met mense wat ten nouste by die verhaal betrokke was, geskiedkundige landbou-

publikasies, amptelike verslae, navorsingsresultate, webtuistes, tydskrifte, notules

en jaarverslae. ’n Bronnelys word aan die einde van die boek verstrek.

Die uitgangspunt was ook nie om al Graan SA se werksaamhede op te teken nie,

maar om die geskiedenis en agtergrond in ’n verhalende trant aan te bied en slegs

enkele hoogtepunte uit te lig wat hoofsaaklik strek tot met Desember 2015.

INLEIDING

Hoewel graanproduksie in Suid-Afrika reeds kort na die vestiging van Jan van

Riebeeck in die Kaap ontstaan het, word in hierdie publikasie feitlik uitsluitlik ver-

wys na die omstandighede en verwikkelings met betrekking tot graanproduksie

en -bemarking in Suid-Afrika sedert die beëindiging van die Tweede Boere-oorlog

in Mei 1902.

Graan SA se ontstaan in 1999 was nie ’n losstaande gebeurtenis wat in isolasie

beskou kan word nie. Dit is voorafgegaan deur byna ’n eeu se ontwikkeling van die

graanbedryf en georganiseerde landbou in Suid-Afrika en, ten einde die vestiging

van Graan SA en sy rol in die graanbedryf behoorlik te kan verstaan, bevat die

eerste vier hoofstukke van die boek inligting oor die omstandighede en gebeure

wat dit voorafgegaan het.

Die ontwikkelings het ook ’n invloed gehad op die ontwikkeling van die strukture

van georganiseerde landbou en die uiteindelike stigting/vestiging van Graan SA.

Oorkoepelend gesien kan die Suid-Afrikaanse landbou se geskiedenis in die

algemeen oor die afgelope eeu of wat in twee duidelik onderskeibare tydvakke

Die geskiedkundige ontwikkeling van landbou en spesifiek die

graanbedryf in Suid-Afrika is deur soveel faktore, gebeure,

omstandighede, invloede en mense beïnvloed dat dit ’n

totaal onbegonne taak sou wees om alles in een werk saam

te vat en die rol van elkeen van die faktore daarin te probeer

verduidelik. Met dit in gedagte is besluit om ’n beperking op

die omvang van die boek te plaas en net op sekere temas en

gebeure te fokus.

NOTAS