Previous Page  4 / 8 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 8 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ’N REIS DEUR TYD

IV

INLEIDING

Jannie de Villiers

As jongman het ek groot bewondering gehad vir al die ou ooms in die bedryf wat

altyd geklink het of hulle alles weet en presies kon sê wat in die toekoms gaan ge-

beur. Heelwat later in my loopbaan het ek besef dat landbou ’n inherente onvermoë

gehad het om self van die beheerde stelsel na ’n vryemark oor te skakel. Eksterne

mense en gebeure het uiteindelik daartoe gelei dat die beheerde stelsel se spreek-

woordelike prop in 1997 finaal uitgetrek is. Die 1937-bemarkingswet is herroep en

’n nuwe wet is in sy plek ingestel. Dit het ’n reuse verandering in die graanbedryf

tot gevolg gehad. Daar was nie net aanpassings vir individuele graanprodusente

nie, maar ook dramatiese aanpassings vir georganiseerde landbou.

Tydens hierdie oorgang was daar menige vergaderings. Voorbereiding vir hierdie

vergaderings was uiters belangrik. Baie van die vergaderings het ’n karakter van

“bravade” aangeneem. “Ons gaan hulle sis en so” of “ons sal nooit toelaat dat

hulle…” het oral opgeklink, totdat realiteit ingeskop het en daar allerhande kompro-

mieë aangegaan moes word om die graanbedryf – en uiteindelik voedselsekerheid

– in Suid-Afrika ’n staanplek te gee.

Daar was drie hoofpartye om die tafels: Die produsente, die kopers en die nuwe

regering. Elke onderwerp het sy eie unieke vennootskappe gehad. Soms was die

produsente alleen met die rug teen die muur en soms was dit die regering en

produsente teen die kopers. Jy het nooit presies geweet met wie jy oor wat gaan

onderhandel nie.

Nadat die nuwe beleidraamwerk vasgelê is, het al die aanpassings vir rolspelers

en organisasies begin. Produsente-organisasies moes hulle nuwe rol en visie vind,

landboubesighede het bykans almal ’n nuwe maatskappybaadjie aangetrek en pro-

dusente moes in die nuwe omgewing duur skoolgeld betaal – veral ten opsigte van

bemarking. Wat egter soos ’n paal bo water staan, is dat almal hulle uitstekend by die

nuwe omstandighede aangepas het. Dit het wel nie sonder stampe en stote plaas-

gevind nie, maar die nuwe omgewing is gou gedefinieer en aanpassings is gemaak.

Daar is nuwe strukture geskep soos die verskillende graan- en oliesadetrusts, die

Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS), die Suider-Afrikaanse Graanlabo-

ratorium (SAGL) en South African Futures Exchange (Safex) en aanpassings is

gemaak aan die Oesskattingskomitee om die dienste wat die Rade in die vrye-

markomgewing gelewer het, voort te sit. Hierdie organisasies en instansies het elk

sy eie tandekryprobleme gehad, maar die leiers van daardie oorgangsjare het van

hierdie instansies wêreldklasinstellings gemaak. Dit is nie ’n subjektiewe opinie

nie; internasionaal word elk op hul eie terrein gereken.

In die proses moes die verskillende bedryfsorganisasies ook hul eie rol in die nuwe

omgewing vind. Produsente se behoeftes het skielik verander en aanpassings

Langenhoven het by geleentheid gesê dat as mens voren-

toe wil kyk, moet jy eers ’n slag terugkyk na waar jy van-

daan kom. Hierdie navorsing en teboekstelling van Graan SA

se geskiedenis het ten doel om nie net die geskiedenis te

onthou en erkenning aan die vorige generasie se leiers te gee

nie, maar om ook as organisasie terug te kyk om ons te help

om die pad vorentoe te vind.