DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႄ
Graan SA se OLP het nog nooit daarop aanspraak gemaak dat dit DIE ENIGSTE ant-
woord op ontwikkelende landbou is nie. Dit was eerder nog altyd ’n begeerte om
brûe te bou en stewige verhoudings tussen boere, verteenwoordigers van die talle
maatskappye in die sektor, finansiële instellings en landboubesighede te smee.
Daar was oor die algemeen positiewe interaksie tussen Graan SA en die onder-
skeie staatsdepartemente op provinsiale sowel as nasionale vlak, en talle goeie
vriendskappe het hieruit ontwikkel. Met verloop van tyd was daar ook ’n aantal
vennootskappe tussen Graan SA en bedryfsrolspelers, en by boeredae en demon-
strasieproefnemings sal die handelsmerke en baniere van ’n aantal belanghebbers
teenwoordig wees.
Hoewel Graan SA se verhouding met politici nie die afgelope tyd veel gegroei het
nie, het samewerking met die amptenare verbeter en toegeneem omdat Graan SA
resultate kan lewer. Ongeag die politieke winde en onderstrominge is genoeg be-
kostigbare voedsel steeds ’n gesogte kommoditeit. Voedselsekerheid bly sentraal
– en word selfs belangriker as gevolg van die droogte en klimaatsverandering.
Georganiseerde landbou moet in die toekoms sy vennote in ’n ander konteks
beskou. Politieke aanstellings deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye
op die rade van graantrusts sal na verwagting tot ’n herevaluering van die be-
fondsingsprioriteite van die trusts lei. Insetverskaffers wat in die vorige era as borg
vir landbou opgetree het, sal ongetwyfeld nader aan ’n organisasie soos Graan SA
beweeg om op bedryfsvlak deur befondsing betrokke te raak.
DATABASIS EN WEBVERSLAGDOENING
Oor die jare heen is ’n geweldige hoeveelheid inligting ingesamel oor elke boer wat
deel van die ontwikkelingsprogram is. Hierdie omvattende data sluit in: Persoonlike
inligting, grondtoegang en tipe besitreg, bates (lewende hawe, trekkers en imple-
mente), produksierekords (nie van alle boere nie), en ’n rekord van die opleidingskur-
susse wat hulle voltooi en studiegroepvergaderings wat hulle bygewoon het.
Al die aktiwiteite van die voltydse en gekontrakteerde personeel in die program
word daagliks op die webwerf aangemeld. Dit sluit studiegroepbesoeke, plaasbe-
soeke, opleiding, demonstrasieproefnemings, Boer van die Jaar-kompetisie, men-
torskapverslae en skoolbesoekverslae in. Die inligting is bygewerk en “lewendig”
en enige lid van die bestuurspan kan ter enige tyd maklik toegang daartoe verkry.
DIE HART VAN DIE REIS
Ontwikkeling van mense, verbetering van boerderybedrywighede, verandering
van lewens en die gee van die geskenk van hoop – dit is die resultate van die werk
wat gedoen is deur ’n span entoesiastiese mense met ’n reputasie vir beleefde
ingryping, uitstekende werk, skaars taalvaardighede en kundigheid op die gebied
van ontwikkelende landbou. Hierdie werk word standvastig ondersteun en aan-
gemoedig deur die sterk en visionêre leierskap van Graan SA se HUB, mnr Jannie
de Villiers, wat sy mandaat om ontwikkelende landbou te bedryf van Graan SA se
kongres ontvang. Programbestuurder McPherson en haar toegewyde span wat
altyd gereed en bereid is om die saak van ontwikkelende boere op te neem, het
hierdie droom baie verder geneem as wat enigiemand kon dink.
TEN SLOTTE
Toe McPherson in 2005 haar pos aanvaar het, is die program met R2 miljoen deur
die verskillende trusts befonds, en daar was vier personeellede wat met Harman
saamgewerk het. Teen die einde van 2015 het die befondsing van die program
R24 miljoen beloop, en nege streekskantore word met ’n personeel van 26 perma-
nente spanlede bedryf. Die program het verder ook ten minste 15 ervare opleiers
wat gekontrakteer is om opleidingsessies en mentorskap te hanteer en die skole-
program te bedryf.