DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႊ
is, te vier en aan hulle erkenning te gee. Om al die boere te inspireer en aan te moe-
dig, is die 250 Ton Klub met verskillende vlakke van lidmaatskap gestig:
• Brons – 250 Ton-lid
• Silwer – 500 Ton-lid
• Goud – 500 Ton-lid en
• Platinum – 1 500 Ton-lid.
Op 25 September 2008 het die OLP van Graan SA en Monsanto SA die eerste
“Feesdag” gehou. Vorderings ten opsigte van ontwikkelende landbou is erken en
32 boere het lidmaatskap van die 250 Ton Klub ontvang.
“Ons het gedink dat dit gepas is om ’n 250 Ton Klub te stig om die prestasie te
erken van diegene wat reeds meer as 250 ton graan/jaar produseer en wat baie na
is daaraan om ware kommersiële boere te word. Talle van hulle sal net vir nog ’n
jaar of twee deel van ons program wees, maar hulle vordering verdien erkenning,”
het McPherson na die seremonie in ’n mediaverklaring gesê.
Vroeg in 2009 het lede van die ANC Vroueliga en verteenwoordigers van Graan SA
vergader om verskillende kwessies van gemeenskaplike belang met die 250 Ton
Klub-lede te bespreek. Graan SA het ook aandag gevestig op die uitgebreide steun
wat deur die ontwikkelende landbouprogram aan die ontwikkeling van volhoubare
swart kommersiële boere met kapasiteit gegee word. Hulle is vertel van die be-
langrike vordering wat oor die jare heen gemaak is, en van die pas gestigte 250 Ton
Klub, wat die vordering erken wat deur die top ontwikkelende boere gemaak word.
Hulle het hierdie boere ontmoet wat elke geleentheid aangegryp het om die oplei-
ding te ontvang, en ook die veldondersteuning te benut wat deur die program
verskaf word. Die ANC Vroueliga was bly om uit te vind dat hierdie opleiding gratis
aan al die deelnemers verskaf word, aangesien die kursusse deur die onderskeie
graantrusts geborg word.
In 2009 het lidmaatskap van die 250 Ton Klub tot 42 lede toegeneem, en in
2010 het die klub 52 lede gehad, met sommige van die lede wat na die 500 Ton-
en 1 000 Ton-kategorieë opgeskuif het (26 x 250 Ton-lede; 16 x 500 Ton-lede en
10 x 1 000 Ton-lede). Teen 2011 was daar 58 lede in die 250 Ton Klub.
250 TON-KLUBLEDE DEUR DIE JARE
250 Ton Klub 500 Ton Klub 1 000 Ton Klub 1 500 Ton Klub Totaal
2008
21
7
4
32
2009
23
10
8
41
2010
28
13
10
51
2011
30
17
10
57
2012
30
17
10
57
2013
47
18
14
2
81
2014
66
30
16
3
115
2015
67
31
18
3
119
Teen 2015 het die 250 Ton Klub-lede gegroei tot 119 lede.