ႃႋ
HOOFSTUK 8
Teen 2015 het die 250 Ton Klub se verteenwoordiging sowel as die status gegroei.
Dit het vir die boere ’n belangrike simbool geword waarteen hulle hulself meet.
Hulle streef daarna om die opbrengste te behaal wat aan hulle lidmaatskap sal gee
van wat hulle as ’n “elite” groep ontwikkelende boere beskou.
Sedert 2008 het die
Day of Celebration
’n belangrike jaarlikse datum geword vir
almal wat by Graan SA se OLP betrokke is. Op hierdie dag, wat op ’n sentraal geleë
plek aangebied word, word benoemings vir die 250 Ton Klub sowel as finaliste en
wenners van die Nuwe Era Kommersiële, Kleinskaalse- en Bestaansboere-toeken-
ning bekend gemaak.
Boer van die Jaar
Elke jaar word ’n kompetisie vir boere in al drie kategorieë aangebied, en dit is
werklik bemoedigend om die vordering van die boere te sien. Daar is elke jaar ook
meer boere wat wil deelneem, en dit raak al hoe moeiliker om ’n wenner te identi-
fiseer namate die mededinging strawwer word.
Dit is nie meer moontlik om hulle
bloot op grond van die produksiepraktyke te beoordeel nie, en goeie kommersiële
praktyke word die norm.
VENNOOTSKAPPE EN HERKAPITALISERING
Geen enkele groep kan eienaarskap van die ontwikkelingsproses neem nie.
Daar is talle rolspelers in die graanbedryf en dit is belangrik dat daar goeie werks-
verhoudinge moet wees, aangesien ons almal dieselfde doelwit deel. Die veld van
Die 2015 wenner van die Graan SA/Absa Bestaansboer van die Jaar
was Ngubengcuka Moyo. Van links, besig om Ngubengcuka geluk
te wens, is Jane McPherson (Graan SA Bestuurder: Boere Ontwik-
kelingsprogram), Ramodisa Monaisa (Seremoniemeester en Vi-
sevoorsitter van die Boere Ontwikkelings Werkgroep), Jannie de
Villiers (Hoof Uitvoerende Beampte: Graan SA) en Ernst Janovsky
(Hoof: Sentrum vir Uitnemendheid Absa AgriBesigheid).
Solomon Masango, vergesel van sy pragtige vrou, Christina, was
2015 se Graan SA/Absa/John Deere Finansiële Nuwe Era Kom-
mersiële Boer van die Jaar. Jannie de Villiers, Ramodisa Monaisa,
Ernst Janovsky en Antois van der Westhuizen (Hoof: Verkope
Finansiering – Sub Sahara Afrika, John Deere Financial) het die
wenner gelukgewens.
Die wenner van die Graan SA/Syngenta Kleinboer van die Jaar,
2015 was Daliwonga Nombewu.