ႃႉ
HOOFSTUK 8
grondvoorbereiding, die regte toediening van kalk (indien van toepassing), die
regte bemesting (op grond van grondmonsterneming), die regte plantpopulasie
en kultivarkeuse, behoorlike onkruid- en plaagbeheer, ensovoorts. Die boere
kan die praktyke ervaar en dan dieselfde op hulle eie grond doen.
Die personeel in die program koördineer die daarstelling van hierdie proefne-
mings met ander betrokkenes in die bedryf – die kontrakteur, die saadmaatskap-
pye, die misstofmaatskappye en die landbouchemikalieë-maatskappye sodat die
produsente aan die beste moontlike produksie-inligting en -tegnieke blootgestel
word
. Dit is ’n sleutelkomponent in die bemagtiging van boere om winsgewend
en volhoubaar voort te gaan, aangesien die visie is dat hulle uiteindelik deur die
kommersiëlesektor-verteenwoordigers van die insetverskaffingsmaatskappye
ondersteun en gelei sal word. Die blootstelling van die boere aan die verteenwoor-
digers van die insetverskaffingsmaatskappye vir die ontwikkeling van verhoudings
is een van die doelwitte van die boeredae. In 2015 is 87 produsentedae regoor die
land aangebied en deur 5 656 boere bygewoon.
Opleidingskursusse
Onder die leierskap van McPherson en dr Willie Kotzé het die opleidingsprogram
aansienlik uitgebrei. Belangrike ontwikkeling van opleiding en opleidingshandlei-
dings is met die fondse uit die verskillende trusts gedoen.
Boerdery is ’n besigheid, en dit verg grondige begrip van ’n groot getal uiteenlo-
pende onderwerpe – van die grond tot inkomstebelasting. Kotzé het gerapporteer
dat 189 kursusse in die 2009 finansiële jaar aangebied is: 159 vir die Mielietrust, elf
vir die OPOT, tien vir SAB, vyf vir Sorghum en vier vir Wintergraan. Elke kursus is
ontwikkel om ’n spesifieke behoefte te hanteer wat ons deur ons interaksies met
die boere op verskillende vlakke geïdentifiseer het.
Hoewel nie al die kursusse in al die tale beskikbaar is nie, stuur ons ’n opleier wat
vaardig is in die plaaslike taal na die streek sodat die kursus aan die boere ver-
duidelik kan word.
Die kursusse het ’n teoretiese en ’n praktiese deel. Gewoonlik word die teorie in
die oggend hanteer en die praktiese deel in die middag. Die toerusting wat tot die
boere se beskikking is, word vir die praktiese opleidingsessies gebruik – dit be-
magtig hulle nie indien hulle geleer word op toerusting waartoe hulle nie toegang
het nie. Dit is ook goed om hulle te wys wat hulle kan doen met die toerusting
wat hulle het. In 2015 is 123 kursusse vir 1 985 boere in die Oos-Kaap, Vrystaat,
KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Noordwes aangebied.
Die 250 Ton Klub en
Day of Celebration
Hoewel enige ontwikkelingsproses ’n stadige en bestendige reis is, is dit nietemin
duidelik dat daar reeds heelwat is om op die gebied van ontwikkelende landbou te
vier. Daar is besluit om een dag af te vat van die hantering van ontwikkelingsuitda-
gings om die talle verskillende individue en instellings wat in hierdie area betrokke
Die regte toediening van kalk lewer altyd
goeie resultate.
Dr Willie Kotzé
Van die ontwikkelende boere wat in 2008 lede van die 250 Ton Klub geword het.