Previous Page  8 / 9 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 9 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

UIT GESPREKKE MET

PRODUSENTE IS DIT WEER

EENS DUIDELIK DAT DIT NOU

MAAR EENMAAL ’N UNIEKE

GROEP MENSE IS WAT IN

’N KORT TYDJIE MOEILIKE

OMSTANDIGHEDE NA DIE

DROOGTE OORKOM HET EN

WEER IN DIE KOMENDE JAAR

RISIKO SAL AANGAAN OM

VOEDSELSEKERHEID IN DIE

LAND TE HELP SKEP.

EK HET ’N BEWONDERING

VIR DIÉ KARAKTEREIENSKAP

VAN GRAANPRODUSENTE

EN HUL POSITIEWE

EN VERSTOMMENDE

DEURSETTINGSVERMOË

OM VOORT TE GAAN

MET BOERDERY.

– Mnr Jannie de Villiers

Na afloop van NAMPO 2015

in ʼn persverklaring.

ondernemings besit die planttelersregte, tegnologie en fasiliteite wat vir saad-

produksie nodig is. Graan SA het hierdie realiteit met die Departement van Land-

bou bespreek in die lig van die risiko’s wat dit vir voedselsekerheid in die land

inhou. Voortspruitend daaruit het die Departement van Landbou in samewerking

met Graan SA ’n beleidsdokument, bekend as die Agricultural Policy Action Plan,

opgestel wat aanbevelings van Graan SA ingesluit het.

NAVORSING EN ONTWIKKELING

Graan SA is deurlopend met die regering in gesprek vir groter ondersteuning ten

opsigte van navorsing en ontwikkeling van nuwe tegnologie. Befondsing is een

van die grootste remskoene vir navorsing. Die graanbedryf is grootliks afhanklik

van befondsing deur die Mielietrust, die Sorghumtrust, die Wintergraantrust en

die OPOT, vir die befondsing van navorsingsprojekte. Graan SA is gevolglik aktief

betrokke by gesprekke met die regering om addisionele fondse vir landbounavor-

sing beskikbaar te stel ten einde die eise van die tyd te kan aanspreek.

’n Groot probleemmet navorsing ten opsigte van graan was dat produsente se behoef-

tes nie vinnig genoeg beslag in navorsingsaksies gekry het nie. Om dit aan te spreek,

het Graan SA ’n navorsingstrategie vir elke kommoditeit opgestel wat die behoeftes,

soos deur die werkgroepe geïdentifiseer, en die doelwitte aanspreek. Dit word dan na

navorsingsinstansies wat in staat is om die navorsing uit te voer, verwys.

Die Landbounavorsingsraad (LNR), wat vir landbounavorsing in Suid-Afrika verant-

woordelik is, beskik nie in alle gevalle oor die kapasiteit om al die navorsingsbehoeftes

te kan bevredig nie. Graan SA het daarby betrokke geraak deur samewerkingsooreen-

komste tussen die LNR en universiteite te fasiliteer ten einde die totale beskikbare

navorsingskapasiteit te koördineer en meer effektief aan te wend.

ONTWIKKELENDE LANDBOUPROGRAM

Die Ontwikkelende Landbouprogram, wat in Hoofstuk 8 behandel word, het, onder

andere, ook ten doel om ’n bydrae tot voedselsekerheid te maak deur die ontwik-

keling van nuwe graanprodusente. Graan SA besef hoe belangrik dit is om goeie

verhoudings met die regering en veral die Departement van Landbou te handhaaf

en hulle ingelig te hou van die aksies waarmee die organisasie besig is in belang

van landbou in Suid-Afrika. Gevolglik word op gereelde basis met die Minister van

Landbou en sy departement geskakel en word hulle blootgestel aan programme

van Graan SA in ’n poging om beter begrip en samewerking, in belang van voed-

selsekerheid, te vestig.

Mnr Jannie de Villiers