Previous Page  7 / 9 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 9 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 7

oorskotproduksie te vestig – veral ten opsigte van mielies. Die groot markte vir

mielie-uitvoere is Japan (vir geelmielies) en Mexiko en Venezuela (vir witmielies).

VOORSIENING VAN SAAD

Dit spreek vanself dat die beskikbaarheid van goeie kwaliteit saad van kardinale

belang vir volhoubare graanproduksie en dus ook voedselsekerheid is. Dit gaan

saam met die behoefte dat die nuutste tegnologie ook in Suid-Afrika beskikbaar

moet wees ten einde die plaaslike produsente se mededingendheid te kan behou.

Die Wet op Planttelersregte (Wet 15 van 1976) beskerm die regte van die houers

van planttelersregte deur, onder andere, te bepaal dat niemand voorraad van

geoeste materiaal mag terughou met die oog daarop om dit as saad te gebruik nie.

In die geval van koring en sojabone egter, is dit toelaatbaar vir produsente om ko-

ringsaad uit geoeste materiaal terug te hou om as saad te gebruik. Die probleem

daarmee is dat saadmaatskappye huiwerig is om in saadontwikkeling en nuwe

tegnologie te belê, omdat sekere produsente net in die eerste jaar saad by hulle

aankoop en daarna moontlik hulle eie saad kan terughou. In die geval van soja-

bone, byvoorbeeld, het Monsanto ’n nuwe sojaboonkultivar in Australië ontwikkel

wat hulle vir die voormelde redes nie bereid is om na Suid-Afrika te bring nie.

Ten einde die probleem op te los, het Graan SA ’n aanbeveling gemaak waarvol-

gens produsente wat saad wil terughou, tantieme aan die houer van die plantte-

lersreg betaal vir die saad wat so teruggehou word. Graan SA het dit reeds met die

Landboubemarkingsraad getoets wat die aanbeveling ondersteun, omdat dit ook

’n oplossing by ander gewasse, benewens koring en sojabone, kan bied.

In die sojaboonbedryf het olieverwerkers aansienlike beleggings in hul perskapa-

siteit gemaak, wat ’n geleentheid vir uitbreiding van sojaboonproduksie geskep

het. In Suid-Afrika bestaan ’n groot behoefte aan proteïne vir veevoer, en kan ver-

hoogde plaaslike sojaproduksie duur invoere verplaas. Aan die navorsingskant is

Graan SA saam met OPOT betrokke by toetse met sojaboonkultivars wat vir ver-

bouing in die westelike dele van die graanproduserende gebied van Suid-Afrika

geskik sal wees, sodat sojaboonproduksie ook na daardie dele uitgebrei kan word.

Een van die grootste areas van kommer ten opsigte van saadvoorsiening in Suid-

Afrika is dat dit feitlik totaal in die hande van privaatondernemings is. Daardie

Gedurende 2011 het Graan SA gasheer gespeel vir twee Chinese regeringsverteenwoordigers wat Suid-Afrika besoek het met die oog op

die moontlike goedkeuring deur die Chinese regering om Suid-Afrikaanse mielies te mag invoer. Die besoek was ’n indirekte uitvloeisel

uit die amptelike besoek wat die Minister van Landbou, me Tina Joemat-Pettersson en mnr Neels Ferreira, Voorsitter van Graan SA, aan

China gebring het om onder andere Suid-Afrikaanse mielies te bevorder.

Klankgreep: Dr Marinda Visser vertel van ’n on-

langse handelsending vanaf China.

Play Video