Previous Page  6 / 9 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 9 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

INTERNASIONALE MARK-

TOEGANG EN UITVOERE

WAS GEDURENDE 2012

HOOG BOAAN GRAAN SA SE

AGENDA EN HIERDIE DRYF

HET UITEINDELIK VRUGTE

AFGEWERP. GEDURENDE DIE

2012-BEMARKINGSJAAR,

WAT VANAF 1 APRIL 2011

TOT 31 MEI 2012, GESTREK

HET, HET KOREA 45 234 TON

WITMIELIES EN 302 259 TON

GEELMIELIES VANAF SUID-

AFRIKA INGEVOER; TAIWAN

161 550 TON GEELMIELIES

EN MEXIKO 1 091 501 TON

WITMIELIES.

AS ’N BLYK VAN WAARDERING

AAN DIE LANDE WAT SUID-

AFRIKAANSE GRAAN

AANGEKOOP HET, HET

GRAAN SA TYDENS

KONGRES 2012 AAN DIE

AMBASSADEURS VAN

MEXIKO, DIE REPUBLIEK VAN

CHINA (TAIWAN) EN SUID-

KOREA (IN HUL AFWESIGHEID)

ELKEEN ’N TOEKENNING

OORHANDIG.

2011 het die destydse Voorsitter van Graan SA, mnr Neels Ferreira, saam met die

Minister van Landbou, me Tina Joemat-Pettersson, gesprekke met die Chinese

regering daaroor gevoer. Dit het uiteindelik vrugte afgewerp met die onderteke-

ning van ’n fitosanitêre protokol in Desember 2014 deur die Suid-Afrikaanse en

Chinese regerings vir die uitvoer van mielies na China, wat dit vir die plaaslike

bedryf moontlik maak om surplus mielies daarheen uit te voer.

Graan SA was ook betrokke by die vestiging van ’n protokolooreenkoms met

Venezuela, in oorleg met die betrokke staatsdepartemente.

Die hoë kwaliteit van Suid-Afrikaanse graan speel ’n belangrike rol in die sukses

wat met die ontwikkeling van buitelandse markte behaal word. Deel van Graan SA

se strategie oor uitvoere is juis om die kwaliteitsnorme van Suid-Afrikaanse graan

te beklemtoon en seker te maak dat goeie kwaliteit produkte ten alle tye uitgevoer

word, ten einde die vestiging van langtermynverhoudings te ondersteun.

Graan SA is ten nouste betrokke wanneer enige aanpassing in graderingsregula-

sies of aspekte rakende voedselveiligheid met die oog op uitvoere ter sprake kom.

In hierdie verband word goeie samewerking van die Departement van Landbou

verkry, wat Graan SA in staat stel om ook op hierdie terrein na die belange van

produsente om te sien.

Ten einde die uitvoermarkte vir mielies verder te ontgin, word moontlikhede vir

waardetoevoeging tot mielies in samewerking met die Departement van Handel

en Nywerheid ondersoek. Dit blyk dat daar inderdaad ’n uitvoermark vir produkte

soos mielieblom bestaan. Daar het byvoorbeeld aan die lig gekom dat Suid-Korea

Suid-Afrikaanse mielies aankoop wat hulle dan in mielieblom verwerk en aan

Maleisië verkoop. Die bedoeling is om die waardetoevoeging plaaslik te doen en

dan die verwerkte produk uit te voer.

Graan SA vervul in hierdie proses slegs ’n fasiliteringsrol en meen dat die produ-

sente en uitvoerders self die inisiatief moet neem om die geleenthede te benut

en tot praktiese uitvoering moet bring. Nuwe konsepte word na die mieliespesia-

liswerkgroep verwys wat dit dan verder voer.

Graan SA ondersoek ook moontlike markte vir ander graansoorte, want hoewel

hulle nie sulke groot volumes soos mielies oplewer nie, word daar ook van tyd tot

tyd oorskotte geproduseer waarvoor ander markte gevind moet word. Hoewel die

hoeveelheid koring wat in Suid-Afrika geproduseer word, hoegenaamd nie in ’n

land soos China se behoeftes kan voorsien nie, bied die goeie kwaliteit daarvan

die geleentheid om nismarkte te ontwikkel waar goeie premies verdien kan word.

Die fokus met Graan SA se uitvoerbeleid is tweeledig: Eerstens, om produksie

oor die lang termyn volhoubaar te kry en, tweedens, om buitelandse markte vir

Hector Valezzi (ambassadeur van Mexiko)

het sy toekenning van Neels Ferreira (voor-

malige Voorsitter van Graan SA), regs, in

ontvangs geneem.

Neels Ferreira het Michael (Pei-Yung) Hsu

(ambassadeur van die Republiek van China

[Taiwan]) vir die mielies wat die land in-

gevoer het, bedank.

Graan SA het ook die landboubesighede wat

die meeste graan uitgevoer het, vereer. An-

drew Martalas, Voorsitter van die South Af-

rican Cereals and Oilseeds Trade Association

(SACOTA), het die toekenning namens die

vereniging se bestuur en hul lede in ontvangs

geneem. Saam met hom was Neels Ferreira.