Previous Page  5 / 9 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 5 / 9 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 7

GRAAN SA,

AGRI SA, PROVINSIALE

UNIES EN ANDER

BEDRYFSORGANISASIES

KAN MET REG DIE

VOEDSELSEKERHEID WAT

ALLE SUID-AFRIKANERS

GENIET, AS EEN VAN

HUL GESAMENTLIKE

SUKSESSE TOE-EIEN. DIE

GOEDKOOPSTE, GEHALTE

VOEDSEL TER WÊRELD WAT

PLAASLIK GEPRODUSEER

WORD, WORD ALLEENLIK

BEWERKSTELLIG

DEUR SAMEWERKING

DEUR DIE TOTALE

VOEDSELWAARDEKETTING

EN KRY NOU EERS DIE BREË

ERKENNING VANWEË DIE

REALITEIT VAN DIE HUIDIGE

RAMPSITUASIE WAARIN

SUIDELIKE AFRIKA

HOM BEVIND.

Mnr Louw Steytler

Voorsittersboodskap,

Graan SA Jaarverslag 2015

Die langtermynbeplanning word op die strategiese uitvoerplan gebaseer en in

die proses word ’n onderskeid tussen sogenaamde protokolmarkte en permit-

markte gemaak.

Protokolmarkte verwys na lande waarmee formele ooreenkomste gesluit

en prosesse in plek geplaas is om te verseker dat bepaalde gesondheids- en

kwaliteitsvereistes nagekom word. Hierdie markte en ooreenkomste skep

langtermynverbintenisse en word op die hoogste politieke vlak goedgekeur. Die

protokolmarkte bied ’n groot voordeel in terme van sekerheid en vergemaklik

behoorlike langtermynbeplanning.

Permitmarkte verwys na markte waarmee ooreenkomste meer op ’n

ad hoc

-basis

gesluit word, soos wat geleenthede van seisoen tot seisoen mag ontstaan. Baie

van die uitvoere van landbouprodukte na Afrikalande geskied op grond van per-

mitooreenkomste, omdat daardie lande self ook graan produseer en hul vraag na

ingevoerde produkte gereeld beïnvloed word deur die grootte van hul eie oeste.

Studies en ontledings van langtermynscenario’s toon dat Afrikalande al hoe meer

besig is om selfonderhoudend te raak ten opsigte van graan. Namate dit toeneem,

sal invoere vanuit Suid-Afrika uit die aard van die saak afneem. Suid-Afrika sal dus

toenemend nuwe markte moet ontwikkel ten einde van surplusproduksie ontslae

te kan raak.

Gedurende die 2010/2011-finansiële jaar was Graan SA betrokke by die uitvoer van

mielies na Mexiko, Taiwan en Korea. Dieselfde markte is in die volgende jaar be-

dien en het in daardie jaar saam met Japan Suid-Afrika se grootste uitvoere op-

geneem. Graan SA se personeel spandeer baie tyd en aandag aan skakeling met

die buitelandse markte se verteenwoordigers en bring van tyd tot tyd besoeke aan

ambassades sowel as rolspelers in die lande waarheen uitgevoer word.

Asië en die Midde-Ooste bied goeie geleenthede vir die ontwikkeling van uit-

voermarkte op ’n langtermynbasis – met ander woorde protokolmarkte. Ge-

durende Desember 2014 het Graan SA ’n besoek aan die Midde-Ooste gebring

en gesprekke met die oog op bemarking van Suid-Afrikaanse graan in Iran en

Saoedi-Arabië gevoer.

Die geweldige vraag van die Chinese markte maak dit ’n gesogte teikenmark

wêreldwyd en Graan SA het belangrike insette gelewer in onderhandelings met die

Chinese regering om landbouprodukte daarheen te kan uitvoer. Reeds gedurende

Grafiek 1: Suid-Afrika se totale mielie-uitvoere gedurende 2013/2014.

Japan

Zimbabwe

Namibië

Mexiko

Taiwan

Botswana

Suid-Korea

Mosambiek

Swaziland

Lesotho

Nigerië

Madagaskar

Angola

Kameroen

Noord-Korea

Mnr Louw Steytler