Previous Page  4 / 9 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 9 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

word aan die feit dat die VSA, wat 50% van die wêreld se mielies produseer, 25%

van sy oes na die vervaardiging van etanol gekanaliseer het. ’n Tekort aan basiese

voedselsoorte in Mexiko is ook direk aan hul investering in biobrandstof toegeskryf.

In die beleidsdokument vir biobrandstof in Suid-Afrika, word voorsien dat mielies

eers vir die vervaardiging van etanol goedgekeur sal word wanneer meer sekerheid

verkry is oor die moontlikheid om mielies op onderbenutte grond te produseer en

ander vereistes nagekom is.

In 2016 het een van die ergste droogtes in meer as 100 jaar, indien nie die erg-

ste nie, Suid-Afrika getref. Die volledige gevolge en uitwerking daarvan op die

beskikbaarheid en koste van voedsel, werksekerheid, finansiële oorlewing van

boere, ensovoorts sal eers met verloop van tyd duidelik word. Wat ook al daardie

gevolge, dit het opnuut die kollig geplaas op die noodsaaklikheid daarvan om

seker te maak dat ’n goeie balans gehandhaaf moet word tussen grondhervor-

ming, transformasie en die realiteit dat ’n land soos Suid-Afrika, met sy beperkte

hulpbronne en wisselvallige reënval, baie nugter moet wees in sy beplanning

om seker te maak dat sy groeiende bevolking altyd van basiese stapelvoedsel

voorsien kan word.

Graan SA maak deur sy betrokkenheid en inisiatiewe wat hierbo genoem is, sowel

as ander waardevolle insette wat te veel is om hierin te bespreek, toenemend ’n

belangrike bydrae om die volhoubaarheid van landbouproduksie in Suid-Afrika te

bevorder. Meer besonderhede oor al die aksies en inisiatiewe word deurlopend in

verslae en artikels op die webblad

www.grainsa.co.za

gepubliseer.

BUITELANDSE MARKTE VIR GRAAN

Voor 1997 is die bemarking van graan in Suid-Afrika deur die Bemarkingsrade in

terme van die Bemarkingswet beheer. Uitvoer van graan was in daardie tyd hoof-

saaklik tot die SADC-lande en enkele ander beperk. Daar was nie enige doelgerigte

uitvoerplan vir Suid-Afrikaanse graan nie en uitvoere het hoofsaaklik op ’n

ad hoc

-

basis plaasgevind.

Graan SA het besluit om die leemte aan te spreek en het doelgerig begin met die

ontwikkeling van ’n strategiese uitvoerplan vir plaaslik-geproduseerde grane. Dit

sluit aan by Graan SA se benadering dat produksie uitgebrei moet word, eerder

as om die aanbod te beperk. Die identifisering van potensiële buitelandse markte

en ontwikkeling van volhoubare uitvoermarkte vir graan het inderdaad een van

Graan SA se kernfokusareas geword.

Die droogte wat gedurende 2015/2016 in die

somersaaigebiede voorgekom het, was nie

die enigste dreigende slaggat wat druk ge-

plaas het op Suid-Afrika se voedselsekerheid

nie. Hernude uitsprake deur die regering oor

drastiese grondhervorming; die impak van

beurtkrag én groeiende mynbouaktiwiteite

op bewerkbare landbougrond, was kort op

die hakke daarvan.

Klankgreep: ’n Globale voedselkrisis in

2007/2008 het die aandag op voedselsekerheid

begin vestig – mnr Jannie de Villiers.

Play Video