DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄ
VOEDSELSEKERHEID
Voedselsekerheid is ’n item wat klaarblyklik nie werklik hoog
op die ANC-regering na 1994 se agenda was nie, met aandui-
dings dat voedsel wat nie in Suid-Afrika geproduseer kan word
nie, eenvoudig ingevoer kan word.
In 2007/2008 het ’n voedselkrisis egter in die wêreld ontstaan weens dramatiese
stygings en onstabiliteit in voedselpryse. Voedselpryse het oor ’n tydperk van on-
geveer twee jaar verdubbel en selfs verdriedubbel. Tussen 2006 en 2008 het die
wêreldprys van koring en mielies met, onderskeidelik, 136% en 125% gestyg.
Die aanvanklike oorsake van die prysstygings was, onder andere, die droogtes
wat in baie graanproduserende lande geheers het en aansienlike stygings in ru-
oliepryse. Laasgenoemde het naamlik aanleiding gegee tot ’n algemene styging in
die koste van kunsmis, vervoerkoste en intensiewe graanproduksie. Die verhoogde
vraag na landbougewasse vir ’n groeiende biobrandstofbedryf en spekulasie deur
verskansingsfondse het waarskynlik ook ’n rol daarin gespeel.
Die voedselkrisis het veral in Afrika en dele van Asië tot onluste en opstande ge-
lei – ook in Suid-Afrika. Die grootse oproer was egter in Tunisië, Algerië, Burkina
Faso, Kameroen, Senegal, Mauritanië, Ivoorkus, Egipte en Marokko. In sommige
van die lande het dit ernstige gevolge gehad en uiteindelik tot die omverwerping
van regerings gelei. Beleidmakers het deeglik daarvan kennis geneem en in Suid-
Afrika het die besef posgevat dat gepoog moet word om ’n realistiese balans tus-
sen grondhervorming en voedselsekerheid te vind.
In Junie 2008 het die Verenigde Nasies se
Food and Agricultural Organisation
’n hoëvlak-konferensie in Rome gehou waar die voedselpryskrisis bespreek is.
Mnr Jannie de Villiers van Graan SA het dit saam met die destydse Minister van
Landbou, me Lulu Xingwana, bygewoon. Te midde van ’n groot aantal voorleg-
gings was daar redelike eenstemmigheid dat groter beleggings in landbou en ver-
hoogde produktiwiteit wêreldwyd noodsaaklik was vir voedselsekerheid.
Die belangrikheid van landbou en veral voedselsekerheid in globale konteks
het skielik nuwe aansien gekry. Daar is opnuut besef dat gesamentlike optrede
noodsaaklik was en dat aspekte soos verhoogde investering in landbounavorsing
en -ontwikkeling en infrastruktuur, sowel as die aanpassing en ontwikkeling van
ondersteunende beleide, daadwerklik aangespreek moes word.
In Suid-Afrika het dit tot op daardie stadium gebeur dat produsente ontmoedig
was om graangewasse te plant in tye wanneer die pryse daarvan laag was. Op
daardie wyse word ’n tekort geskep wat uiteindelik weer tot hoër pryse sou lei.
Voorbeelde van sulke gevalle is vroeër in hierdie publikasie genoem.
Na aanleiding van die voedselkrisis en die konferensie in Rome is opnuut besef hoe
’n groot verantwoordelikheid op die landbousektor rus om voldoende voedsel te
produseer. Produsente is aangemoedig om graan te produseer met die uitgangs-
punt dat daar eerder nuwe markte vir oorskotproduksie gevind moet word as om
produksie in te kort.
In die ontwikkeling van sy biobrandstofbeleid het die Suid-Afrikaanse Regering
besluit dat mielies op grond van voedselsekerheidsoorweging nie vir die vervaardi-
ging van biobrandstof gebruik mag word nie. Die Regering was van mening dat die
styging in internasionale mieliepryse in 2007/2008 tot ’n groot mate toegeskryf kon
’n Spotprent uit
SA Graan/Grain
-tydskrif
van Maart 2006 beeld die graanbedryf
se opwinding oor die vooruitsigte van ’n
biobrandstofbedryf uit. >>>
Aanbreek van ’n era van