Previous Page  19 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 19 / 27 Next Page
Page Background

ႃႋ

HOOFSTUK 6

• Graan SA se nuwe BBP-ontvangslokaal is in 2002 in gebruik geneem.

• Teen 2002 is bykans 80 ha ingespan vir die praktiese meganisasie-demonstrasies.

• ’n Ligte vliegtuig word sedert 2003 gebruik om die verkeer te monitor en ver-

keersverslae beskikbaar te stel.

• Die grootste getal werktuie en implemente in die geskiedenis van die Oesdag is

in 2004 gedemonstreer oor ’n wydte van nagenoeg 4 km.

• ’n Ledelokaal vir uitsluitlike gebruik van Graan SA se volopbetaalde lede, is in

2006 op die terrein ingerig. Die lokaal is in 2014 na die ou Klub 200-gebou ver-

skuif aangesien dit nader aan die lede-parkeerarea geleë is en beter fasiliteite

bied om gaste te ontvang.

• Hoewel die beheerde meganisasie-demonstrasies vir sowat 40 jaar ’n belang-

rike komponent van die Oesdag was, het die Oesdagkomitee, na goedkeuring

deur die Hoofbestuur van Graan SA, ingestem dat daar vanaf 2009 nie meer

praktiese demonstrasies aangebied word nie. Die besluit is geneem om uitstal-

lers van werktuie tegemoet te kom in hul poging om kostes – en meer spesifiek

die vervoer van die werktuie – te beperk en om hul voortgesette deelname aan

die Oesdag te verseker.

• Uitstallers wend sedertdien rekenaartegnologie, elektroniese tentoonstellings

en selfs gesimuleerde ervarings op hul standplase aan om hul statiese uit-

stallings te ondersteun.

Graan SA het tot sowat 2001 van vrywil-

lige kombuiswerkers gebruik gemaak.

Prof Jonathan Jansen, Rektor van die

Vrystaatse Universiteit, (middel) in die

BBP-ontvangslokaal tydens sy besoek

aan die Oesdag in 2012. Saam met hom is

mnre Jannie de Villiers en Anton Botha van

Graan SA.

Deel van die spesiale behandeling vir

Graan SA-lede is ’n ledeparkeerarea en

vervoer daarvandaan na die ledelokaal.

Graan SA-lede word in die ledelokaal getrakteer.

Die Oesdag se rol as gespreks- en dialoogplatform het sedert 2013 beslag gekry met die Nasie in Gesprek-forum waarvan daar tydens

die Oesdagweek TV-opnames gemaak en dan wyd gebeeldsend word. Dié toevoeging stimuleer diskoers wat gevoer word oor aktuele

landbousake asook makro-faktore wat die ekonomie en samelewing beïnvloed.