DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႆ
ruim kans om met verskaffers te kommunikeer oor produkte en dienste aangesien
verteenwoordigers uit die totale graanwaardeketting by die Oesdag teenwoordig is.
NAMPO is egter ook ’n belangrike inkomstebron vir Graan SA. Die inkomste hieruit
word aangewend vir landbounavorsing en ander bedryfsdienste wat weer vir die
produsent voordelig is, soos relevante markinligting, navorsingsdata, beeldbou
sowel as onderhandeling met die regering en ander rolspelers.
Graan SA se lede ontvang rooitapyt-behandeling by die Oesdag en die organisasie
bewys sy waardering vir hul lojaliteit op dié wyse. Lede kry gratis toegang en parke-
ring naby aan ’n spesiale ingangshek vir lede. Van daar word hulle met gholfkar-
retjies tot by die ledelokaal vervoer. By die ledelokaal word hulle op die hande gedra
met verversings en met ’n kuierarea waar ’n mens kan ontspan en gesellig verkeer.
In die ledelokaal word voorsiening gemaak vir lewendige Safex-skerms waar
produsente op hoogte kan bly van bewegings in die graanmarkte. Sleutelper-
soneel van Graan SA se Graanekonomie en Bemarking-, Graannavorsing- en
Ontwikkelende Landbou-afdelings skakel hier met lede.
Lede van die Dag- en Hoofbestuur is deurentyd aan diens in die ledelokaal asook
in die BBP-ontvangslokaal – waar konstruktiewe gespreksvoering met mening-
vormers uit die bedryf, regeringskringe en selfs internasionale afvaardigings en
hooggeplaaste gaste plaasvind. “Verskeie gaste wat NAMPO vanjaar die eerste
keer bygewoon het, is verras deur die omvang van die landboubedryf en die
Oesdag. Die vlak van tegnologie wat ten toon gestel word, is vir hulle ’n verdere
openbaring,” het De Villiers in ’n persverklaring op 18 Mei 2016 gesê.
Mnr Victor Mongoato (heel regs), ’n Dagbestuurslid van Graan SA, het ’n tydjie afgeknyp
vir ’n foto saam met besoekers aan Graan SA se ledelokaal.
“Minister Zokwana se teenwoordigheid was ’n pluimpie vir Graan SA en vir landbou in die
breë. Hy is waarskynlik die eerste landbouminister sedert 1994 om die Oesdag te besoek. Dit
beklemtoon die NAMPO Oesdag as ’n gesaghebbende platform vir dialoog, gespreksvoering
en netwerking.” –
Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoofbestuurder: Graan SA, na die besoek
van Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, aan die Oesdag in 2015.
Van Graan SA se gaste tydens die NAMPO
50-jarige gedenkgeleentheid in 2016.
DIE TAFEL IS NOU
GEDEK VIR AKTIEWE
DIALOOGVOERING BY
DIE NAMPO OESDAG. EK
VERTROU DAT DIE NASIE
IN GESPREKSFORUM,
SOOS WAT SENWES,
GRAAN SA EN VENNOTE
TYDENS NAMPO 2013
AANGEBIED HET ASOOK
ANDER GESPREKSVOERING
OOR TEGNIESE ASPEKTE,
VORENTOE SELFS MEER
WAARDE TOT DIE LANDBOU
GAAN TOEVOEG.
– Mnr Jannie de Villiers,
Uitvoerende Hoofbestuurder:
Graan SA; 2013.
“
”