ႄႃ
HOOFSTUK 6
1.
Die Oesdagterrein funksioneer soos ’n
munisipaliteit op sy eie.
2.
Elektrisiteit word sedert 2000 in
grootmaat vanaf Eskom aangekoop
en self op die terrein versprei.
3.
Watertoevoer en -verspreiding, riolering
en vullisverwydering word self hanteer.
4.
Skoonmaakdienste tydens die Oesdag
word self gelewer.
5.
Sugslote, geplaveide paaie en dreinerings-
pype is aangebring om die afvloei van wa-
ter te verbeter en om van die standplase
droog te lê.
6.
Die Oesdagkomitee het in 2002 besluit om
die terrein te herdoop na NAMPO Park.
7.
Onderdak-uitstalruimte op die terrein
beslaan tans 17 060 m
2
en die buite-
uitstalruimtes trek die skaal op 170 630 m
2
.
8.
NAMPO Park is die tuiste van Graan SA se
Oesdag en Kongres.
9.
Die fasiliteite en geriewe is ontwikkel en
word deur die jaar gebruik vir konferen-
sies, veilings, troues, korporatiewe funk-
sies en produkbekendstellings.
10.
’n Volledige spysenieringsdiens word
gebied.
11.
Graan SA se gastekamers op die terrein
bied luukse akkommodasie.
KITSFEITE OOR DIE OESDAGTERREIN
Die Damesprogram het sedert 2015 plek gemaak vir ’n groter verskeidenheid uitstallers wat op die skoner geslag gefokus is.