Previous Page  25 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 25 / 27 Next Page
Page Background

ႄႇ

HOOFSTUK 6

Die gemoedelike atmosfeer wat hier heers, is kenmerkend aan Graan SA se Oes-

dag en die samesyn is altyd bemoedigend. Dit is ook ’n belangrike netwerkgeleent-

heid vir produsente om met mekaar te kommunikeer en oplossings uit te ruil vir

volhoubare produksie op plaasvlak. Gesinne met stootwaentjies wat oor die mid-

daguur sommer onder ’n koelteboom op die gras uitspan is ook ’n bekende gesig.

PAD VORENTOE

Graan SA se NAMPO Oesdag ressorteer sedert April 2016 onder dr Dirk Strydom,

Bestuurder: Graanekonomie en Bemarking. Mnr Toit Wessels, voorheen verbonde

aan Graan SA as ledebemarker in die Wes-Kaap, is intussen bevorder tot Assistent-

bestuurder: NAMPO Oesdag en Bemarking en neem met ingang van 1 Oktober

2016 die oesdagleisels oor met Loxton wat hom as mentor ondersteun.

TEN SLOTTE

As terugblik oor die afgelope vyf dekades, beskryf Van Coller se kommentaar na

afloop van die 50ste Oesdag in 2016 die oesdagkarakter soos volg: “Dit het oor die

afgelope halfeeu ontwikkel tot ’n handelsmerk wat moderne landbou in Suid-Afrika

akkuraat uitbeeld. Dit spreek tot die algemene publiek as verbruikers van ons land-

bouprodukte; dit spreek tot alle produsente in ons land; dit spreek tot besluitne-

mers in regeringskringe en die bedryf; dit spreek selfs tot die internasionale arena

en die groeiende belangstelling uit die buiteland bevestig dit.”

Graan SA se NAMPO Oesdag het gewis ontwikkel tot ’n integrerende deel van

landbou in Suid-Afrika in geheel. Dit is ’n beproefde resep wat bestaan uit:

• Permanente fasiliteite en moderne infrastruktuur;

• rigtinggewende landbou-leierskap;

• die toewyding van SAMPI-, NAMPO- en Graan SA-hoofbestuurslede en -per-

soneel;

• volgehoue ondersteuning van plaaslike en internasionale insetverskaffers;

• dienswilligheid van vrywilligers oor baie jare heen;

• groeiende jaarlikse bywoning deur produsente en die algemene publiek; en

• bydraes tot gemeenskappe en die streeksekonomie.

In perspektief gesien het SAMPI se lede letterlik en figuurlik die Oesdag se hoeksteen

gelê en die fondasie gegooi. Die NAMPO-generasie het die gebou se struktuur voltooi

en die dak opgesit. Dit het die weg gebaan vir Graan SA as ’n verenigde graan- en olie-

sade-organisasie om die gebou se finale afronding te doen en die aansig en interieur

in te kleur om volhoubaar die pas aan te gee in die moderne era van landbou.

Gesinne wat onder die koeltebome uitspan is ’n bekende gesig by NAMPO.

DIE INFRASTRUKTUUR

OP NAMPO PARK IS

OOR JARE GESKEP EN

UITGEBREI OM ’N GROOT

GETAL BESOEKERS MET

GEMAK TE HANTEER EN

OM UITSTALGERIEWE VAN

’N HOË STANDAARD AAN

UITSTALLERS TE KAN BIED.

SELFS DIE AANLOOPBAAN

KON VANJAAR ’N TOTAAL

VAN 365 VLIEGTUIE EN

HELIKOPTERS OOR DIE VIER

DAE GEMAKLIK HANTEER.

GRAAN SA IS GERAT OM

AANSTAANDE JAAR DIE

50STE NAMPO OESDAG

MET TROTS AAN TE BIED.

– Mnr Cobus van Coller,

Oesdagvoorsitter; 2015.