Background Image
Previous Page  110 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 110 / 112 Next Page
Page Background

108

Beste Grootneef

o

u Neef, kan jou onthou hoe dit was om na ‘n ding uit te

sien? Soos om ‘n naglyn in die vlei uit te sit vir ‘n vet

baber. Daardie nag slaap jy min en voor eerste lig is jy

op om te gaan kyk of daar nie ietsie aan die lyn is nie. Met

die afstap van die beespaadjie vlei toe, kon jy van ver

af sien of die dobbertjie nog op sy plek lê en of die lyn

diepwater toe getrek is.

Nou kyk, so was dit ook met Jan Wilkens se groot stoeigeveg

destyds. Waar jy ook al gekom het, by die Poskantoor of die bank, die

koöperasie of die kerk, al die praatjies het begin met “Het jy gehoor,

Jan Wilkens is op pad!” Dit was hierdie groot ding wat aan die gebeur

was. Iets wat ‘n hele gemeenskap saamgesnoer het.

Dit het begin met skoolfondse wat net nie meer wou klop nie.

Pannekoekverkope op Vrydae en die jaarlikse basaar het nie meer

al die gate toegestop nie. Die skoolgetalle het begin afneem. Daar

was selfs ‘n gesukkel om die rugbyspannetjies vol te kry. Sommige

jongetjies moes twee wedstryde na mekaar speel – vir beide die

onder 11’s en die onder 13’s. Kaalpote op ‘n yskoue rugbyveld – met

die aansporing van ‘n skinkbord lemoene tydens rustyd!

Hoe dit ook al sy, die een aand het die hoof en skoolkomitee tot

laat gesit en planne maak hoe om die boeke te laat klop. ‘n Skool-

bus het ook net soveel genade in sy silinders...Dit is toe, in die

uur van benoudheid, dat iemand die voorstel gemaak het om

Jan Wilkens te laat kom.

Ou Neef, daardie tyd was Jan Wilkens naas die presidentswag

en Wolraad Woltemade, die ikoon in die land. Die onoorwinlike

wêreldkampioen, die volstruisskop-koning, die man wat nog geen

stryd in die kryt verloor het nie. ‘n Legende wat klem-in-die-kaak kon

uitdeel wanneer hy wou. Sterker as die hele Springbokspan en groter

as die koöperasiestoor.

Die volgende oggend is die nuus deur die skoolhoof gebreek

tydens ‘n spesiale “saalperiode”. Jan Wilkens was op pad. Dit het

‘n veldbrand van bespiegeling losgelaat – beter as enige bostele-

graaf. Dit was asof daar sommer helder oordag ‘n permanente

naglyn in die water gegooi is. ‘n Koors van afwagting het die hele

skool beetgepak.

In die maand of twee voor die groot geveg, het die droom gestalte

aangeneem met die ooms wat help bou het aan paviljoene. Sulke

staal-stellasies met planke op. Een paviljoen elk vir die oos, die

wes, die noord en die suid. Die grootste beroering was toe die kryt

uiteindelik staangemaak is, met sulke seilkussings in die hoeke en

‘n plankvloer. Die toue rondom die kryt sou later gespan word. Ou

Neef, ek kan nie onthou of daar ‘n fakkelloop of ‘n lenteloop was

nie – maar almal was daar. Jy kan maar sê, dit was ná Republiek-

wording die grootste oomblik wat die dorpie nog beleef het. Booker,

die spietkop, het later opgegee en eenkant onder ‘n boom parkeer

om alles van ‘n veilige afstand af te beskou.

Die susters van die gemeente het alles wat gebak kon word, ver-

koop. Die broers het sosaties gebraai. Die sitplekke was lankal

uitverkoop, maar staanplek was daar nog volop. Dit was immers

die Vrystaat met vlaktes alkant toe. Die dorp was vodde van opwin-

ding en reg vir aksie.

En toe die son mooi gesak het, het die hoof die skoolklok gelui.

Dit kon nie bedoel wees as stilte vir die afsetter nie, want toe

Jan Wilkens die paadjie afstap op pad kryt toe, het daar pandemo-

nium losgebars. Onder die gemeente se susters ook. Jan Wilkens

het ‘n kleinerige broekie en baie borshare aangehad. Oor sy skouer

het ‘n breë belt gehang met sulke koperplate op, van al die manne

wie se nersderms hy al uitgedruk het. Ek kan nie mooi onthou teen

wie Jan Wilkens die aand gestoei het nie. Ek kan net onthou dat toe

Jan Wilkens die arme drommel met ‘n volstruisskop teen die bors

tref, die ou op die krytvloer geval het dat die planke so dril.

Ek weet ook nie of die twee mekaar later met opset begin misskop

het nie, maar ‘n mis was so goed soos ‘n raak. Die resultaat was dat

daar skouspelagtig agtertoe gesteier is, met sulke roeibewegings

in die lug net om te wys hoe woes dit is! Jan Wilkens het egter sy

opponent meedoënloos gevolg en toe die ou soos ‘n sak patats op

die krytvloer val, hom met 'n kopklem omsingel. Twee valle teen een,

Jan Wilkens was vernietigend.

Ou Neef, vanaand sit ek sommer so en dink terwyl die son in die

weste sak. Jy kort eintlik twee dinge om iets te laat gebeur. ‘n Droom

en ‘n gemeenskap wat bereid is om hande te vat. Dan is enigiets

moontlik. Jy kan selfs vir Jan Wilkens laat kom.

Ou Neef, ons kort nou ‘n skoolkomitee met ‘n droom. Hier is baie

goed in ons ou landjie om reg te maak. Van randsake tot grondsake

kort nuwe planne. Weet iemand waar Jan Wilkens is?

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Jan Wilkens kom

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Oktober 2015