Background Image
Previous Page  109 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 109 / 112 Next Page
Page Background www.eiegroup.co.za

As jy het wat dit neem om die wêreldbekende handelsmerke

te voorsien aan die boere in jou area, kontak Yolandy vir

meer inligting oor ons AGENTSKAP-geleenthede.

Tel +27 (0) 11 966 2204 of

yolandyc@eiegroup.co.za

Ons brei ons netwerk uit!

sal dit moeilik wees om te onthou

wanneer jy laas volgemaak het...

Met die SAME Laser 150 4 WD

lugversorger, watter radiostasie speel in die agtergrond en selfs

hoe ekonomies die voertuig ry.

Hierdie kontrolestelsel word ondersteun deur sekere van die

kontroles ook te dupliseer op die stuurwiel, sodat die bestuurder nie

sy oë van die pad af hoef te haal nie. ‘n Pluspunt is dat op die meer

weelderige modelle ook ‘n windskermprojeksie beskikbaar is. Net

bokant die stuurwiel, teen die voorruit, word etlike van die voertuig

se kritieke inligting, soos sy spoed, gewys.

Die XC90-reeks is besonder goed toegerus met tegnologie om die

voertuig veiliger te maak en die bestuurder beter te laat bestuur.

Standaarditems waarmee al die modelle uitkom, is onder andere

spoedbeheer, ‘n botsingvermydingstelsel (as die bestuurder aan die

slaap is en te vinnig ‘n voorwerp voor in die pad nader, sal hierdie

stelsel betyds begin rem), laanwissellingswaarskuwing, outomatie-

se parkeringstelsel, opdraand- asook afdraandbystand en ‘n inge-

boude navigasiestelsel. Daar is nog vele meer bykomstighede as

standaard, waarvoor jy by van die kompeteerders ekstra sou moes

betaal het.

Op die oomblik is daar net twee kragbronne vir die XC90’s in

Suid-Afrika beskikbaar: Die T6-enjin (petrol) en die D5-diesel. Die

D4- en T5-enjins kom aan die einde van die jaar Suid-Afrika toe en

die topmodel in die reeks, die T8 wat met beide ‘n petrol- en elek-

triese enjin toegerus is, sal in 2016 in Suid-Afrika vrygestel word.

Die huidige twee enjins is “klein” in vergelyking met die kompe-

teerders. Net 2 liters, maar Volvo kry danksy tegnologie en slim

turboaanwending dit reg om ontsettende produktiewe krag uit

hulle nuwe geslag viersilinderkragbronne te genereer.

Hiervan is die 2 liter, viersilinder, T6-petrolenjin ‘n sprekende voor-

beeld. Dit kan 235 kW teen 5 700 omwentelinge ontwikkel en ‘n

wringkrag van 400 Nm tussen 2 200 en 5 400 omwentelinge uitstoot.

Op sy beurt lewer die D5-dieselenjin weer 165 kW teen 4 250 om-

wentelinge en het ‘n wringkrag van 470 Nm alreeds vanaf 1 750 om-

wentelinge en hou dit tot by 2 500 omwentelinge. In al die modelle

dryf Volvo se agtspoed, outomatiese Geartronic-ratkas, wat ook

na handrat verander kan word, die krag na die wiele.

Die Volvo XC90 met die T6-enjin het ‘n gemiddelde brandstofver-

bruik van 8 liter per 100 km en die D5-modelle lewer ongeveer

5,8 liter per 100 km.

Met hierdie twee enjins is daar elf verskillende modelspesifikasies

in Suid-Afrika beskikbaar.

Die XC90 T6 Geartronic AWD met die “Momentum”-weeldespe-

sifikasie kos R867 000. Die XC90 D5 Geartronic AWD met die

“R-Design”-pakket kos R914 600.

Die XC90 is groot en ruim en deurdat nog twee sitplekke uit die

agterste laairuimte getrek kan word, kan sewe mense in die voer-

tuig sit. Die XC90 bied voldoende krag en sakke vol waarde vir

geld. Wat geld egter nie kan koop nie, is “gerusstelling” en met die

XC90 weet jy, jy het een van die veiligste en beste voertuie wat geld

wel kan koop, vir jou aangeskaf.

Die Volvo XC90 D5 Geartronic AWD.