Background Image
Previous Page  106 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 106 / 112 Next Page
Page Background

‘n Gastehuis om van te droom...

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

o

uwêreldse sjarme begroet die besoeker wanneer hul by

die voordeur inloop...

Die gevoel van ‘n kunsgalery is geskep met portrette

en stillewes uit die Renaissance-tydperk teen rooi mure

gehang. Dik, diepgekerfde, goue rame en ‘n fluweel-

tapisseriebank en -stoel voer jou terug na die lewenswyse van die

adellikes van weleer.

‘n Gekerfde rooshouttafel met Jakobynstoele, gestoffeer in tapis-

serie, staan in dié gesellige vertrek. ‘n Franse Armoire met ‘n groot

spieël laat die vertrek nog groter lyk. ‘n Groot, pienk fluweel-voetrus-

bank nooi gaste om hul voete daarop te rus.

In die eerste gastekamer is swart en goud die kleurpalet. ‘n Hout-

spieëlkas met boeke daarop gestapel dra by tot ‘n manlike

smoking

room

-gevoel. Die bed het ‘n swart fluweeldeken en dit is gestrooi

met tapisseriekussings wat bedruk is met sepiafoto’s van die ou

dae. ‘n Groot, ovaal raam het ‘n foto van ‘n heer met sy kisklere aan.

Stap jy in die tweede kamer in, kan jy die majesteit van ‘n prinses

se teenwoordigheid voel. ‘n Dramatiese, dieprooi fluweel Jakobyn-

armstoel staan statig in die hoek. Antieke muurtapisseries in diep

rame geraam laat ‘n mens dink aan ‘n k ninklike ka er.

Die laaste kamer aan die punt van die gang is die hoofslaapkamer

en die wittebrood-suite. ‘n Massiewe koperbed met delikate draai-

werk is gedrapeer met voile, kant en satyn. Hierdie is ‘n romantiese

vertrek met die geur van parfuum in die lug. Alles is geklee in wit en

rome, met sagtepienk fluweelstoele wat gesellig in die hoek staan.

Op ‘n eikehoutwastafel met ‘n wit marmerblad staan ‘n porselein-

lampetbeker en -waskom. In hierdie vertrek kan besoekers wat daar

tuisgaan hulself rustig en stadig aan die diep slaap van ‘n droom-

wêreld oorgee…

Oktober 2015

104