Background Image
Previous Page  108 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 108 / 112 Next Page
Page Background

Nuwe Volvo XC90 maak stem dik

onder die groot kanonne

d

ie sportnutsvoertuig (SNV) mark is besig om wêreld-

wyd te groei. Dieselfde geld vir die groot premium

SNV-segment. Dit is die segment waar die BMW X5,

die Range Rover en die Audi Q7 nesskop.

Kragtige waens gelaai met weelde en gerief-items. Hulle

het permanente vierwielaandrywing, maar is nie volbloed 4x4’s

nie. As dit moet, kan hulle deur slote gaan, maar dit is “sagte”

voertuie wat kan skraap en duik. Nie ‘n Pajero of Fortuner wat vir

die harde lewe gemaak is nie. Hulle is die spog SNV’s wat wys jy

het gearriveer.

Met Volvo se nuwe XC90-reeks, wat in Julie vanjaar geloods is, is

daar nou ‘n nuwe speler op hierdie veld. Goed-goed, die manne

wat weet van karre en sulke goed, sal gou uitwys dat Volvo se

XC90 darem nou al twaalf jaar met ons is. Dit is juis die punt. Die

Volvo XC90 het in ‘n uiters kompeterende terrein agter geraak. Om

in hierdie mark te oorleef, moet jy die beste en jongste motorteg-

nologie kan bied.

In hierdie twaalf jaar het Volvo as vervaardiger ook van eienaars

verwissel. Volvo was sedert 2000 eienaar van Volvo motors en

nadat hulle die fantastiese Volvo vyfsilinder T5-enjin in hulle

Ford Focus ST-modelle aangewend het, het Ford toe sy stiefkind

aan Geely, ‘n Chinese vervaardiger, verkoop. Anders as met Ford,

blyk dit dat die Chinese nie Volvo se tegnologie en kennis plunder

nie, maar eerder in die Volvo-kenteken belê.

Sodoende is Volvo se XC90 terug in die internasionale arena; ge-

laai met tegnologiewaarde. Dit is soos die Starship Enterprise wat

vir die bure in ander sterrestelsels gaan kuier het en toe met ‘n

klomp truuks terug aarde toe gekom het.

Die XC90, wat in Augustus 2014 internasionaal geloods is, is nou

ook ‘n jaar later in Suid-Afrika beskikbaar. Sonder om navolgers

van die Range Rover en BMW X5 te wees, kan die nuwe reeks

Volvo XC90 sy eie tempo aangee.

As dit by brandstofekonomie, veiligheid en veral by tegnologiese

gesofistikeerdheid kom, is die Volvo XC90 ‘n klas van sy eie. Dit

begin by die XC90 se instrumentkontrole. In plaas van die tradi-

sionele paneel met knoppies en skakelaars, het die XC90 ‘n gereke-

nariseerde raakskerm (in die middel van die instrumentpaneel) wat

in beheer is van die voertuig se kontroles.

Mense wat gewoond is aan rekenaartablette sal dadelik tuis voel

in die XC90. Die onkundiges sal dit egter ook gou logies vind.

Met een oogopslag kan jy byvoorbeeld sien wat gaan aan met die

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Danksy permanente vierwielaandrywing en die 19 duim breë wiele, sien die

Volvo XC90 D5 kans vir selfs sandpaaie.

106

Oktober 2015