Background Image
Previous Page  104 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 104 / 112 Next Page
Page Background

OPBRENGSKOMPETISIE

in Suid-Afrika bekend gestel

D

uPont Pioneer het op 1 September vanjaar die eerste

jaarlikse Weeg & Wen™ nasionale opbrengskompetisie vir

mielie- en sojaprodusente in Suid-Afrika bekend gestel.

Die kompetisie is oop vir alle graanprodusente in Suid-

Afrika en word in samewerking met John Deere, FNB en Senter 360

(’n Suid-Afrikaanse spilpuntvervaardiger) gehou.

“By DuPont Pioneer was ons doel nog altyd gewees om wetenskap

en tegnologie op maniere wat die meeste saak maak na die wêreld-

markte te bring. Die opbrengskompetisie is nóg ’n voorbeeld

hiervan en bied aan produsente ‘n geleentheid om genot daaruit

te put om nuwe produksiepraktyke te toets, terwyl hul opbrengste

maksimaliseer en idees uitruil,” sê mnr Rikus Schoeman, DuPont

Pioneer se bemarkingsbestuurder in Suid-Afrika. “Produsente sal

‘n unieke geleentheid hê om mee te ding, te netwerk en om van

mekaar te leer.”

Die opbrengskompetisie is geskoei op ’n soortgelyke kompetisie

in Amerika wat erkenning gee aan die land se voorste mielie-

produsente. Deelnemende produsente sal in vier mieliekategorieë

meeding, naamlik: Besproeiing nasionaal, Droëland – wes, Droëland

– watertafelgronde en Droëland – oos.

Sojaprodusente wat deelneem, kan inskryf vir Besproeiing nasio-

naal, Droëland Oostelike Hoëveld (insluitend die Oos-Vrystaat),

Droëland KwaZulu-Natal en Droëland – wes.

In die konteks van ’n droë klimaat, word daar verwag dat die

besproeiingskategorie vir mielies die felste mededinging gaan lok.

In hierdie kategorie sal die eerste vyf plekke toekennings ontvang,

met drie plekke in al die ander kategorieë. Daar gaan ’n totaal van

14 mielie- en twaalf sojatoekennings wees.

Die inligting wat DuPont Pioneer gedurende hierdie kompetisie

insamel, is nog ’n manier waarop die maatskappy met produsente

saamwerk om vooruitgang aan te vuur en om die opbrengs per

hektaar op die plaas te verbeter deur die regte produk op die regte

hektaar aan te plant. Dit help ook om innoverende bestuursprak-

tyke te identifiseer wat gebruik word om die hoogste mielie-

opbrengste moontlik te behaal. Produsente word aangemoedig om

AKTUEEL

BARBRA MUZATA,

DuPont Pioneer