SA Graan Oktober 2014 - page 122

120
BesteGrootneef
k
an jy die dae onthou van al die
debatte oor kleur? Kyk, sommige
manne het heel rumoerig geraak
oor wat die beste souwees. Daar
was dié wie hul rug styf gemaak
het en met hartstog gepraat het
oor hul grys Brahmane. Die jongmanne het
weer gesê rooi Brahmane is koning. En toe
komdie skimmels en almal is deurmekaar.
Op die ou einde was die grys, rooi of
skimmel Brahmane maar net ‘n modegier.
‘n Lekker T-been het steeds dieselfde ge-
smaak, ongeagdie kleur velwat diebeesop
sy ruggedra het...
Ek was altyd onder die indruk dat bonte-
bokke net in die Kaap-kolonie aangehou
mag word. Nou sien ek jy kry hulle orals
– dit is swart rooibokke, goue wildebeeste,
geel blesbokke, koper springbokke en wat
nog. Nes met beeste, begin die wildboere
nouookmet ‘nklompgekleurdebokkeboer.
Buurman het laat weet hy span ‘n wilds-
kamp so al om sy gronddam, om nou met
die nuwe modebokke te teel. Hy beplan
om klein te begin, eers net met goue
wildebeeste en later met ‘n wit blesbok
of drie. Jy kan sien sy planne is gemaak
– so paar seisoene se lammers van dié goue span wildebeeste en
bont blesbokke en jy kan maar sê hy koop African Bank uit al hul
moeilikheiduit.
Ou Neef, nou wonder ek maar net – wie gaan eendag sulke dure
biltong jag? Want om ‘n wit blesbok te skiet is hoeka soos om jou
vrou saam te vat Kongres toe – dubbel die koste vir helfte die pret...
As die bokvel af is en die stel horings lê op die hoenderhok se dak,
moet jy die biltongkies baie dun sny. Net om dieselfde smaak te kry
as dié van die gewone ou bruin blesbok. Wat nog te sê van “goue”
bokkewat derduisende randeopveilingsbehaal!Wat gaan sóbok ‘n
biltongjagter eendaguit die sak jaag?
Maar Buurman se planne is gemaak en die wildsheining is gespan.
Hyglogroot geld is net omdiedraai.
Dit laat my nou dink aan die storie van die ou wat ‘n hoender met
vier boudjies geteel het. Die moeilikheid was net dat die hoenders
op sywerf toe só vinnig enwildgewordhet, dat hy nooit een vir die
pot kon vangnie!
Dit isnouhalf dieselfdemoeilikheidmet al dienuwegekleurdebokke
waarvoormiljuisende rande opwildveilings betaal word – hoe gaan
die manne ooit weer hul geld opmaak as hul nie aan die einde van
die reënboog ‘n spanbiltongjagters krywat diegoed skiet nie?
Maar ekmoet sê, Buurman se gouewildebeeste is nogal mooi so in
die laat middagson. Dalk moet ek vir my ook ‘n klein kampie span,
so vir ‘n paar koper en swart springbokkies. Buurman sê jy kan nie
‘n foutmaak nie...
Sovoor diegroetslag. Eenwoordwat nougerus uit ons samelewing
verwyder kanword, is diewoord
honourable
. Dit is nou verwysend
na ‘n parlementslid in
gumboots
. Veral ná die laaste paar kirpatse in
Kaapstad se praathuis...Soos ek anderdagop ‘n staak-plakkaat lees:
Enuf is Enuf
!”
GroeteopdieOosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
Bontebokkedie
wêreldvol
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
Oktober 2014
1...,112,113,114,115,116,117,118,119,120,121 123,124
Powered by FlippingBook