SA Graan Oktober 2014 - page 119

t
ydens ‘n onlange besoek aan Garden World-kwekery se
jaarlikse tuinskou, was daar een tuin waar die ontwerpers
se “uit-die-boks”-denke my aandag getrek het deur lewe en
interessantheid tegee aan ietswat alledaags kanwees.
Die basiese komponente van die ontwerpwas ‘n paadjiewat
na ‘n sitarea toe lei met ‘n muur as agtergrond. Soms kan ‘n een-
voudigeontwerpvoorstel heel ordinêr klink,maardit isdieafwerking
endiedetail vandie finaleprodukwat al die verskil salmaak.
Om uit die boks te dink, betekenommet kreatiwiteit na verskillende
aspekte van ‘n ontwerp te kyk en jou eie stempel daarop af te druk.
Ek wil graagmet julle die dinkwerk agter ‘n paadjie deel om hierdie
benadering te verduidelik.
Vlakke
Deur die loopoppervlak vandie grond af te lig endit onreëlmatigop
en af te laat trap, word ‘n reghoekige vertikale golfbeweging na die
eindbestemming teweeggebring. Die area vertoon groter deurdat
elke vlak ‘n ander area in die ontwerp voorstel. Dit is verbasendwat
‘n enkele klein vlakverskil aandiedimensie vandie tuin kanmaak.
Links en regs
Nie net beweeg die paadjie op en af nie, maar ook van links na
regs. Sulke lyne in ‘n ontwerp forseer die onderbewussyn om die
tuin ook sywaarts te verken. Minder aandag word sodoende op
die eindbestemming geplaas en meer fokus sal op die res van die
tuinwees.
Gebroke paadjie
Die gapings tussendie trapblokke skeppouses indie loopoppervlak
en verkort die visuele lengte van die paadjie. Outomaties word die
spoed van die besoeker gebreek enwordmeer geleentheid geskep
om die tuin rustig te verken. Die hele ervaring van die tuin word
vergrootmet elkeoortrapslag.
Lyne
Aangesien alles in die ontwerp reghoekig opmekaar pas en die
paadjiemet ‘n diagonale lyn sy verskyningmaak, is die gebruik van
individuele vierkantige trapblokke indiepaadjiebaieeffektief omdit
met die resvandie tuin teversoen. Diepaadjiebreekookniedie tuin
in tweenie,maar vloeimooi saamom ‘n eenheid te vorm.
Aandag
Omdat die sitarea alreeds so prominent is, sou dit die ontwerp
oorheers as daar ‘n lang, reguit paadjiewaswat daarheen gelei het.
Só ‘n paadjie sou soos ‘n pyl al die aandag op die hooffokuspunt
(sitarea) vestig en die visuele impak van ander detail minder opsig-
telikmaak en agterweë laat.
In die volgende uitgawe kyk ons na ander detail, kontras, hoe die
paadjie inskakel by die res van die ontwerp, afmetings, loopritme,
besoekers se vereisteswat in aggeneemmoet word en sigbaarheid
indié tuin.
Dinkuitdieboks
Vir navrae, skakel DavidViljoen vanMercuryDesigns by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Gaan hou ook van ons
Facebook
-bladsy “Wysboek op Faceboek”
.
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Wysboek op
Facebook
117
October 2014
Diébesonderse tuin,waar dieontwerpers uit dieboks gedinkhet, het
baie aandaggetrekbyGardenWorld-kwekery se jaarlikse tuinskou.
–Deel 1
1...,109,110,111,112,113,114,115,116,117,118 120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook