SA Graan Oktober 2014 - page 121

119
PorscheMacanSDiesel
–bederf jouself virdie stofpad
p
orsche is besig om groot in Suid-Afrika te word. Die
afgelope twee jaar is twee Porsche-modelle die een na
dieanderdeurdieSAGildevirMotorjoernalisteasMotor
vandie Jaar aangewys.
Daar was nogal ‘n gemor onder sommiges oor die
Gilde se keuse, maar as ‘n mens mooi kyk na die beoordelaars se
redes, danmaak hulle besluit sin. Porschemaak die beste kwaliteit
voertuie in die wêreld en prysgewys bied dit meer waarde as hulle
kompeteerders.
Die beste van alles is dat anders as meeste nuwe voertuie op die
mark, is die aankoop van ‘nPorsche ‘nbelegging.
Met die Cayenne-model het Porsche ongeveer ‘n dekade gelede
toegetree tot die sportiewenutsvoertuig (SNV)mark. DieCayenne is
ook beskikbaarmet ‘n dieselkragbron en dit was sommer gou nie ‘n
vreemdegesigom ‘nCayenneop ‘nplaaspad te siennie.
Nou het Porsche ‘n effens kleiner, kompakte weergawe van die
Cayenne inSuid-Afrika geloods. Die PorscheMacan – hy is 165mm
korter en 90 mm laer as die Cayenne. Sy Porsche diesel V6-enjin,
wat ook in die Cayenne beskikbaar is, het ‘n kraglewering van
180 kW teen 4 500 rpm en ‘n wringkrag van 580 Nm tussen
1750 rpm tot 2500 rpm. Dit het ‘n topsnelheidvanmeer as240 km/h
en ‘n 0 - 100-tyd van 6,1 sekondes.
Die amptelike brandstofverbruik van die Macan S Diesel is
6,1 liters/100 kilometers. Die Macan gebruik Porsche se PDK-
ratkas. Hierdie ratkas het sewe vorentoe ratte en word algemeen
as die wêreld se beste ratkas beskou. Die Macan het permanente
vierwielaandrywing.
Die Macan is basies ‘n kompakter Cayenne, maar danksy die ligter
gewig is dit vinniger enmeer brandstofekonomies. Alhoewel effens
kleiner, is dit nie veel goedkoper as die Cayenne nie. Die Porsche
MacanDiesel kosR862 000.
Dit is ongeveer R40 000 goedkoper as die Cayenne. Wat jy wel kry
met die Macan, is steeds ‘n ruim, luukse, superkwaliteit SNV met
net nóg beter beheer, meer krag enmeer Porsche “gevoel”. Dit is ’n
kleiner,maar luuksebederf vir die stof- en teerpad!
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
DiePorscheMacanSDiesel.
October 2014
1...,111,112,113,114,115,116,117,118,119,120 122,123,124
Powered by FlippingBook