SA Grain October 2013 - page 8

ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE 9660
BESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7276 • E-pos:
SUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING (ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7270 • E-pos:
REDAKSIE
ASSISTENT-REDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 013 752 5731 • Sel: 083 490 9449 • Faks: 086 275 4157
E-pos:
SA GRAAN/GRAIN
TEGNIESE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Faks: 018 468 7782 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
REDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
BLADUITLEG EN REPRODUKSIE:
Ashley Erasmus, Jesseme Ross, Infoworks
Tel: 018 468 2716 •
E-pos:
DRUKWERK:
Kagiso BM
Tel: 011 622 3820
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Jurgen van Onselen
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874 • E-pos:
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Johan van Onselen
Tel: 022 451 2773
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad is hul eie en ver-
teenwoordig nie noodwendig die mening van Graan SA nie.
The opinions expressed by contributors are their own. They do not neces-
sarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-inligting”-artikels
feite kan bevat oor kommersiële produkte.
“Promotional articles” are paid articles; while “product information” arti-
cles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, tekeninge, advertensies
en alle ander materiaal wat in hierdie tydskrif gepubliseer word, word hiermee
uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op
Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
– Ds Koos Kirsten
Uit die
Woord
Baie geluk aan Marietjie Visser wat vir die Augustus-uitgawe van
SA Graan/Grain
die gratis Bybel gewen het.
Wanneer dit sleg gaan met ‘n mens kom die hoekoms en waaroms van
die lewe by jou op. Hoekom het dit met my gebeur? Waarom moes dit
nou juis oor my pad kom? Hoekom gaan dit altyd sleg met my, maar
met ander mense gaan dit altyd net goed?
Onder sulke omstandighede worstel ‘n mens ook met God oor al
hierdie dinge. Dit is hoegenaamd nie verkeerd nie. Ons lees in Ps 73
hoe Asaf met die Here geworstel het. Om te worstel beteken ten diepste
dat ‘n mens met die Here baklei oor die goed wat seermaak of jou
verontrus, of wat jou bang en benoud maak.
‘n Mens soek dan antwoorde op hierdie ingewikkelde vrae. Die Here
gee selde antwoorde, wat staan nog dié antwoorde wat ons vrae
bevredigend oplos. Wat kan ons doen onder sulke omstandighede?
Ons moet vra na die sin en doel van ons bestaan. Hoekom het die
Here ons gemaak en hier op aarde geplaas? Die Bybel gee net een
antwoord hierop – ons is hier om die Here te loof en te prys.
Dit bring dadelik die vraag na vore van hoe kan ek die Here loof as
Hy dan al hierdie swaarkry en ellende oor my laat kom? My gemoed is
swaar en my hart is seer en nou moet ek bly wees en juig. Ek weet
nie hoe ek so iets gaan regkry nie. My geloof is te klein en
te swak vir so iets.
Die Here sê ons moet dit net doen! Jy is hier op aarde om Hom te loof
en te prys. Doen dit net en kyk wat gebeur. Wanneer ‘n mens dit begin
doen word dit makliker, want daar gebeur iets in jou. Jy verander, jou
gemoed verander, jou hele wese begin verander, want jy begin
dan om jou doel waarvoor jy hier is te bereik. Jou lewe begin
dan nuwe betekenis te kry.
As jy teen alle menslike gedagtes en optrede in doen wat die Here van
jou verwag en jy voldoen aan jou doel hier op aarde, dan begin jou lewe
sin maak. Dan maak dit nie regtig meer saak of dit goed of sleg gaan nie.
In Hab 3:17 en 18 lees ons dat die profeet sê dat hy ten spyte van alles
wat verkeerd kan loop, die Here sal loof en prys. Die apostel Paulus leer
ons ook in Fil 4:4 dat ons ons in die Here moet verbly. Hy sê dit terwyl
hy onskuldig in die tronk sit.
Ons moet ons in die Here verbly. Ons aardse omstandighede is baie
keer so dat dit geen bron van blydskap is nie, maar die verlossing wat
Christus vir ons bewerk het, is altyd iets om oor bly te wees. Plaas dan
die fokus van jou lewe op God en Christus en die Heilige Gees sal jou
help en leer om altyd bly te wees in die Here.
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...116
Powered by FlippingBook