SA Grain October 2013 - page 3

1
October 2013
Voorpunt
Vriende het ons onlangs vir ‘n naweek na hul
familieplaas naby Gravelotte in Limpopo ge-
nooi. Die plaas is al vir meer as 100 jaar in hul
familie se besit. Ons vriend se ouma-hulle het
vir ses maande van die jaar (in die winter) op die
plaas gebly en vir die res van die jaar in Pretoria.
Nou is dit ‘n jagplaas met ‘n bestuurder en die
familie gaan ontspan net so nou en dan vir ‘n
naweek of so op die plaas.
As kind het Francois-hulle Junievakansies
vir twee weke by sy ouma-hulle op die plaas
gaan kuier. Hy is een van ‘n vyfling-seuns
– ongelooflik! Kan jy jou net indink hoe lekker
vyf boeties op só ‘n plaas moes speel?! Hy
vertel hoe hulle na ontbyt uit die huis gejaag
is – geen gerondhangery en tonetellery in die
huis nie. Hulle moes hulself buite besig hou.
Hulle het die plaas platgeloop en gejag – en die
ou mikamyn op die plaas (enige avontuurlus-
tige seuntjie se droom!) verken. Naby die huis
is ‘n rivierloop waar hulle smiddags gespeel en
in die koelte vir hulle gate in die sand gegrou
het en in gelê het om nie so warm te kry nie. En
kaartspeel in die aand by kerslig om die groot
eetkamertafel. Idillies!
Die huis, met “Ons toevlug” op die gewel ge-
skryf, het my natuurlik in vervoering gehad. Ek
is mos gek oor ou meubels en goed uit vervloë
se dae. Stap jy die ou plaashuis binne, voel dit
asof tyd hier stilgestaan het. Dit voel asof ‘n
mens vyftig jaar of meer in die geskiedenis te-
rugstap. Daar is die ongelooflikste, mooiste ou
meubels in die huis: Wastafels; hangkaste en
spieëltafels met laaitjies en hangspieëls in die
kamers – en in die kombuis ‘n koolstoof waarop
daar nog kos gemaak moet word (daar is nie
krag op die plaas nie), met al die erdewarepotte,
-ketels en -bekers op die rakke uitgestal. Oor die
kombuistafel ‘n propperse ou oliekleedjie – soos
die een wat my ouma oor haar kombuistafel ge-
had het. Ek dink ‘n mens is so bevoorreg as jy
sulke kleintydherinneringe soos Francois-hulle
kan hê. Met lente in die lug en die belofte van
‘n nuwe produksieseisoen voor die deur, is die
graanprodusente van Suid-Afrika egter self
besig om nuwe herinneringe te skep. Herin-
neringe waarna die komende geslagte kan
terugkyk en hulle kinders kan vertel van die
twintig-voertseks toe slimfone en presisie-
boerdery relatief nuut in die graanbedryf was.
In die uitgawe
Met die lente kom daar nuwe lewe, maar vir ‘n
veeprodusent wie se voervloeibeplanning nie
in plek is nie, kan dit ‘n tyd van kommer wees:
Teen dié tyd is die oesreste reeds opgevreet en
begin veldweiding skaars raak. In die somer-
produserende gebiede word daar met groot
verwagting na die reënseisoen uitgesien. Die
reënseisoen bring egter ook baie peste en
plae mee – waarvoor die produsent in sy
dieregesondheidbestuursprogram voorsiening
moet maak. Ons
poog met die
spesiale fokus op
lewende
hawe
om die produsent
met genoegsame inligting te bemagtig om
veevoedingsbekommernisse die hoof te bied en
‘n volledige dieregesondheidbestuurprogram
te verskaf sodat hy hom nie hieroor hoef te
bekommer nie, maar eerder op produksie,
produktiwiteit en kwaliteit kan fokus. Ons
kyk onder andere na die wildsbedryf wat
deesdae al hoe meer as diversifiseringsbeen
op tradisionele saaiplase ingebring word.
SA Graan/Grain
het met twee van die nuwe
toetreders tot die wildsbedryf gaan gesels
en deel hulle ervaringe met lesers. Lees ook
meer oor wat om alles te oorweeg by die
oorskakeling van saai na vee; Om sin te maak
uit volwassenheidtipes in beeste; Hittestres
by melkbeeste – wat jy moet weet; Wol-
produsente kan hulself bemagtig met inligting;
en Die ABC van Trichomoniase. In die volgende
uitgawe (wat fokus op water en energie) vertel
ek van ons ervaringe op die wildsplaas met ‘n
donkie – vir warm water – en van kosmaak op
‘n oop vuur.
Groetnis tot volgende keer!
Estie de Villiers –
Assistent-redakteur
Ontmoet ons
medewerkers...
Izak du Plessis is gebore in Oberholzer en het
oral oor die destydse Transvaal grootgeword.
Hy het BSc. (Agric) Veekunde by Tukkies (1986
tot 1989), HOD (1990), BSc. (Agric) Grootvee
(1991) en MSc. (Agric) Grootvee (2004) by Ma-
ties studeer.
In 1992 het hy by Mara Navorsingstasie begin
werk as landbounavorser waar hy werksaam
was tot 2008. In 2008 was hy betrokke by die
Nguni Beestelersgenootskap as kantoorhoof
en sedert 2010 is hy werksaam by Senwes as
senior diereproduksiespesialis.
Hy is getroud met Santie en hulle het drie
kinders. Vir ontspanning kyk Izak voëls en boer
met beeste.
Maryke Craven, LNR-IGG,
bespreek op bladsy 25 die
2012/2013-navorsings-
resultate van wortel- en
kroonvrot by mielies onder
bewaringsboerderystel-
sels. Die deklaag wat met
bewaringsboerderysisteme
geassosieer word, word
vanuit ‘n patologie-oog-
punt as die gevaarlikste
aspek van sulke sisteme
beskou. Dit was egter
opvallend dat die deklaag
in kombinasie met geen-
bewerking, genoegsaam
vog kon behou ten spyte
van die droogte van die
afgelope seisoen, om siek-
tes soos houtskoolvrot se
voorkoms te verminder.
F. verticillioides
can
cause ear, root and stalk
rot of maize and can
lead to economic losses
due to yield loss and
grain quality reduction.
Dr Belinda Janse van
Rensburg, ARC-GCI,
focusses on page 38
on how to manage
Fusarium ear rot and
fumonisin production.
Maize producers are
encouraged to enquire
about optimum plant
populations suited to
their area as well as
production practices, as
this could be critical in
reducing fumonisins in
the maize crop.
How does the quality of
imported wheat com-
pare with the quality of
local wheat? Accord-
ing to Jolanda Nortjé,
manager: Laboratory,
SAGL, data shows that
it is clear that South
African wheat compares
very well with what is
on offer in the rest of
the world and in most
cases local wheat qual-
ity exceeds that of other
countries with regards
to the quality required
by our local bread
baking processes.
More on page 44.
Met die lente in die lug,
het ‘n mens sommer
weer lus om in jou tuin
rond te vroetel. David
Viljoen, ons tuinbouru-
briekskrywer, sê op
bladsy 110 dat om met
jou oë te steel, verniet
en nie ‘n kriminele ak-
tiwiteit is nie, mits jy
die idee jou eie maak.
Kyk om jou rond en
soek dinge wat sukses-
volle tuinmaak in jou
area verteenwoordig.
Ontleed die inligting
ten opsigte van die
funksionele asook
die estetiese waarde
wat dit moontlik kan
verskaf en bou of ver-
beter daarop.
Medewerkers vir hierdie uitgawe
Andrew Beckerling, Marita Blom, JJ Bornman, Pietman Botha, Maryna Brits, Maryke Craven,
Jannie de Villiers, Izak du Plessis, Jan du Preez, Hannes Enslin, Antonie Geyer, Azure Janneker,
Belinda Janse van Rensburg, Koos Kirsten, Dirk Kotze, Laraine Kruger, Louise Kunz, Wessel Lemmer,
Hans Lombard, Chrissie Miles, Dean Miller, Heinz Meissner, André Nel, Jolanda Nortjé, Charlie Reinhardt,
Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Dries Sonnekus, Dirk Strydom, Funzani Sundani, Taryn Ternent,
Jean-Maré Theron, Jacoba Vaessler, Hans van der Berg, Peet van der Walt, Japie van der Westhuizen,
Michael van Rooyen, Jan-Louis Venter en David Viljoen
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...116
Powered by FlippingBook