SA Grain October 2013 - page 6

Hoofartikel
Oktober 2013
4
D
ie maande van Augustus en September
was uiters besige maande vir georgani-
seerde landbou. Die rede was die vele
ingrypende voorstelle en beleidsveranderinge
wat vanuit owerheidskringe gekom het.
Dit was nie net die tempo waarteen dit uitgesit
was vir kommentaar nie, maar veral die om-
vang daarvan wat baie druk op ons kapasiteit
geplaas het. Amper was dit asof alles wat die
afgelope vier jaar moes klaarkom, nou in vier
maande afgehandel moes word.
‘n Mens sou ook nog kon debatteer of twee
weke vir kommentaar werklik as konsultasie
met rolspelers beskou kan word. Dit is egter
die werklikhede van dit waarmee Graan SA die
afgelope paar maande gekonfronteer was.
Die hoë vlak en ook die omvang van die sake
was van so ‘n aard dat ons bykans met elke saak
verdere regspleging moes doen. Regspleging
raak nodig wanneer daar ‘n groot kans bestaan
dat die verskil in opinie en siening van ons leier-
skap in so mate van dié van die regering verskil,
dat ons onsself vir toekomstige hofsake moet
voorberei.
Party mense sal sê: “Raak rustig, dit is verkie-
singsjaar!” Graan SA hoop van harte dat die-
sulkes reg sal wees kom die middel van 2014,
maar dit sou bloot onverantwoordelik wees om
absoluut niks te doen nie.
Die sake waarna ek verwys, het te make met
wat ek noem, twee grondplate diep onder die
see in die aardkors waarop ons ekonomie en
samelewing gebou is, naamlik die vrye mark en
privaat eiendomsreg. Die nuutste voorstelle vir
veranderinge aan die bemarkingswet is daarop
gefokus om die Minister van Landbou meer be-
heer oor landbou te gee. Beheer oor die in- en
uitvoer van graan en beheer oor al die fondse
en uitgawes van die landboutrusts.
Indien die minister meen dit is verkiesingsjaar
en dat kos in Suid-Afrika goedkoop moet wees
vir die kiesers, kan sy alle mielie-uitvoere ver-
bied en die surplus kan pryse afdruk om haar
in haar doel te laat slaag. Die volgende jaar sal
byna niemand mielies plant nie, want die pryse
sal nie hul produksiekoste dek nie en dan styg
alles weer hemelhoog en sal die landbousektor
as die skuldige party uitgewys word. Die vrye
mark het sedert 1997 (16 jaar) ‘n fantastiese re-
kord opgebou om voedselsekerheid vir Suid-
Afrika te verseker.
Die ander grondplaat is dié van eiendomsreg.
Voorstelle om grondhervorming te bespoedig
en meer regverdig te doen, het met die laaste
voorstelle selfs die land se eie Grondwet be-
gin ondermyn. Voorstelle word nie meer aan
die Grondwet getoets nie, maar dit is nou
die verweerders wat moet bewys dat dit nie
grondwetlike voorstelle is nie.
Dit is amper asof jy soort van skuldig is tot jy
onskuldig verklaar word. Minister Nkwinti se
voorstelle om jou grond uit te deel aan die
GEWIGTIGE SAKE
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...116
Powered by FlippingBook