SA Grain October 2013 - page 10

Profiel
Aktueel
8
Dr Anton Lubbe
LOUISE KUNZ, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Ná ‘n loopbaan van meer as 30 jaar in die graanbedryf, het
dr Anton Lubbe aan die einde van Julie vanjaar sy graanskoene uitge-
trek. Die diep spore wat hy in die graanbedryf getrap het, sal egter nie
gou vervaag nie en volgens dié wat hom ken, sal hierdie groot gees se
kennis en toeganklikheid die industrie nog lank bybly.
Gedurende sy loopbaan het hy een van die grootste veranderings in
die graanbedryf beleef, naamlik die oorgang van die eenkanaalbemar-
kingstelsel na die vrye mark.
“Ek is van kleintyd af ‘n vryemark-man en het hierdie verandering as
positief ervaar omdat die koöperasiewet beperkend was en dié om-
wenteling gelei het tot geweldige groei in die graanbedryf,” voeg hy by.
Die belangrikste voortvloeisels uit hierdie oorskakeling van regulering
na deregulering is vir dr Lubbe egter dat meer sinvolle groeperinge
ontstaan het en dat die belangrikheid van selfregulering en selfbefond-
sing raakgesien is.
“Lede was onrustig dat die nuwe politieke bestel daartoe sou lei dat
surplus ledefondse wat in koöps opgesluit was, moontlik weggeneem
sou word en dus nie die lede sou toeval nie. Daarmee saam was hulle
ook bekommerd dat hulle aandeel in die strategiese silobates, wat oor
dekades opgebou was, afgewater of verwaarloos sou word,” staaf hy
dié stelling.
Dr Lubbe noem dat een van die grootste psigologiese omwentelings in
hierdie tyd seker die verandering in verhouding tussen die graanprodusent
en sy landbou-onderneming was. Hy verduidelik dat weens die tekort
aan bemarkingsvaardighede in die destydse
koöperasies, hierdie verandering ook daartoe
gelei het dat leierskap in die graanbedryf
verander het, landbou-organisasies moes
meer bemarkingsgeoriënteerd raak, wat tot
‘n veranderde verhouding tussen die land-
bou-onderneming en die graanprodusent ge-
lei het.
Die produsent moes begin dink aan sy
tweeledige rol as belegger én kliënt en die
koöperasie moes sy posisie as diensverskaffer
versterk.
“Daar was nie meer blinde lojaliteit nie en
alhoewel die verandering traumaties was
vir produsente, was die uitwerking daarvan
positief,” voeg hy by. Die produsent en die
landbou-onderneming moes albei interne
ondersoek doen en hul nuwe rolle as
besigheidsvennote evalueer en posisioneer.
Voortvloeiend daaruit moes hulle ook begin
om besluite te neem wat nie op blinde
lojaliteit gegrond was nie, maar op gesonde
besigheidsbeginsels.
Sy lys van prestasies in die graanbe-
dryf is indrukwekkend en sluit onder meer
sy betrokkenheid in by die vestiging van
elektroniese silosertifikate en die totstand-
koming van ‘n besigheid, Electronic Silo
Certificates Edms Bpk, waarin Afgri en
Senwes gesamentlike meerderheidsaandeel-
houers is.
Volgens hom is en bly die bestaan van
silosertifikate en elektroniese silosertifikate
(wat in die nuwe bedeling tot stand gekom
het) een van die belangrikste ontwikkelings
om die markte en veral die termynmark in
Suid-Afrika te reguleer en effektief te laat
funksioneer. “Hierdie sertifikate is absoluut
onderliggend tot enige transaksie op die
termynbeurs en ek glo dat dit integriteit in die
termynmark vestig,” noem hy.
Dr Anton Lubbe
1,2,3,4,5,6,7,8,9 11,12,13,14,15,16,17,18,19,20,...116
Powered by FlippingBook