Background Image
Previous Page  90 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 92 Next Page
Page Background

88

Beste Grootneef

b

uurman sê hy was so kwaad vir die Bokke toe hulle

teen die Japannese vasgeval het, hy het sommer twee

bladsye uit sy

Facebook

geskeur. Hy sê ook die Bokke

sou nog verder verloor het as die Japannese met hul oë

oop gespeel het. Dit wys jou, as jy net opdaag om te

wen, het jy klaar verloor. Die Japannese was net soos

die burgers van Lilliput in Gulliver se reise óór die Bokke en het

uiteindelik ‘n reus vasgeknoop. Maar hoop beskaam nie, dalk doen

die Bokke die ding!

Ou Neef, die anderdag ry ek met die vliegmasjien Kaap toe. Naby

die Oranje kon jy die besproeiingsirkels mooi uit die lug sien. In die

sitplek agter my was ‘n laaitie wat wou weet wat maak die sirkels so

mooi rond. Dié se pa sê toe dit is

aliens

. Toe was die gort gaar, want

die jongman wou opsluit dat laer gevlieg word, sodat hy die

aliens

beter kon sien!

Op ‘n manier was die outjie se pa reg. Boere het nogal ‘n

alien

-streep

weg. Dis nie vir gewone mense om dure diesel, kunsmis en saad in

droë grond te saai en dan te hoop op reën nie. Dit vat durf wat nie

almal beskore is nie. Want niemand weet vooraf wanneer en of die

reën kom nie.

Ou Neef, die week was dit in die nuus dat NASA water op Mars

gekry het. Jy kan maar glo, dis nie lank voordat die Vrystaters ‘n

paar

pivots

op Mars staangemaak het nie. En groen trekkers kry jy

deesdae oral!

Buurman het laat weet hy het ‘n plan om sy kontantvloeiprobleme

op te los. Dit werk so – eers moet die goewerment die mark vir

renosterhorings dereguleer. ‘n Vrye mark waar vraag en aanbod die

pryse maak. En dan moet die dag se horingpryse sommer op TV

gewys word onder “edelmetale en ander opkikkers”. Dis nou om die

mark deursigtig te hou.

Die berekening van uitvoerpariteit en ‘n horingdifferensiaal sal

natuurlik ‘n paar groeipyne besorg. ‘n Graderingstelsel sal ook

handig wees en jy kan maar weet, iemand gaan weer geld maak uit

stoorkoste.

Maar wat, as ons ‘n vrye mark vir mielies kon maak werk, kan ons

dit vir horings ook doen. Dan moet die goewerment sommer ‘n

vryehandelsooreenkoms met die Ooste sluit, sodat horings sonder

tariewe daar doer geland kan word.

Buurman se planne is ver gevorder. Hy sê as die Kaapse boere ‘n

wynroete kan hê, kan ons Vrystaters ‘n horingroete kry. Met proe-

en snuiflokale oral. Buurman sê hy beplan om ‘n paar fynproewers

te kry om die oorsprong en oesjaar van elke streek te boekstaaf.

Dink net aan die moontlikhede – ‘n mopanie ondertoon vir horings

uit die Noorde. Of dalk ‘n stowwerige smaaksensasie uit die Vry-

staat! Vir die waaghalsiges, ‘n geur van knapsekêrel en kakiebos!

Buurman sê dit kan ‘n besigheid raak, met ‘n voerkampie vol

renosters voor die proe- en snuiflokaal. Kinders kan die renosters

wortels voer terwyl pa en ma in die proelokaal doenig is.

Ou Neef, dalk het Buurman ‘n punt beet. Soos wat skape se wol

drie keer in twee jaar geskeer kan word, kan ‘n renoster se horing

elke keer weer groei, as dit net reg geknip word. ‘n Blesbok het eers

waarde gekry toe biltongjagters vir die jagervaring begin betaal

het. Voor dit was trekwild uitgeskiet omdat hulle die beeste se wei-

ding opgevreet het. Nou het elke wildsbok ‘n waarde, met ‘n

wildbedryf wat blom. Maak renosterhoring wettig, dan sal renos-

terstoeterye oral opskiet!

Op hierdie stadium vermink onwettige stropers renosters voor die

voet. Boere het ook nie lus om by wildsveilings op renosters te

bie nie – die risiko is net te groot. As renosterhorings egter wettig

verhandel kan word, sal renosters soos ander edel wild, oornag ‘n

beleggingswaarde kry. ‘n Kommersiële renosterboerdery kan die

land op horings neem. Veral met kleurvariante. Dink net, bo en

behalwe wit en swart renosters, goue, geel en blou renosters?

Nou ja, waar ‘n uitlaatrokie trek, is daar ‘n Polo.

Groete aan die ander

aliens

op die Oosgrens. En lekker plant.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Die horingroete

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

November 2015