Background Image
Previous Page  86 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 86 / 92 Next Page
Page Background

November 2015

84

Monsanto se spesiale dag vir

vroue weer aangebied

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1 tot 4: Aston Wylie, die gaskunstenaar, het die

gehoor vermaak en het selfs ‘n paar danspas-

sies as deel van sy

repertoire

gehad.

5: Issie Louw en Sarie van Straaten, albei van

Leeudoringstad, geniet ‘n gedeelde oomblik.

6: Die gasspreker tydens die kuieroggend,

Quinton Coetzee, het die vroue vasgenael

gehou met sy interessante aanbieding.

3

4

6

5

2

1

B

ona Bona, naby Wolmaransstad, het die oggend van

15 September gegons van opgewonde vroue in dié streek

wat ‘n kuieroggend saam met Monsanto daar geniet het.

Hierdie dag is deel van ‘n reeks vrouedae wat Monsanto

jaarliks aanbied.

Me Milanie Vosloo, die seremoniemeester, het die vroue verwel-

kom met ‘n kragtige boodskap. Sy het hulle aangemoedig om ‘n

steunpilaar vir hul mans te wees en saam met hulle te bly hoop vir

‘n goeie oes.

Mnr Kobus Steenekamp (bestuurder: Monsanto, Suid-Afrika) het

die maatskappy se rol in voedselsekerheid beklemtoon en genoem

dat Suid-Afrika se bevolkingsgroei buite beheer is. “Wêreldwyd

neem die hoeveelheid bewerkbare grond af. Van ons beste land-

bougrond is vandag onder beton. Die afgelope twee tot drie jaar

het Suid-Afrika onder droogte gebuk gegaan en reënval is onvoor-

spelbaar, daarom soek Monsanto na oplossings ten opsigte van

plantteling, biotegnologie, gewasbeskermingsprodukte en presisie-

boerdery,” aldus Steenekamp.

Vroue is ook tydens die oggend deur me Anna-Marie Grewar van

Old Mutual aangemoedig om pro-aktief na hul finansiële beplan-

ning te kyk; waarna die internasionale spreker, mnr Quinton

Coetzee, ‘n uitstekende vergelyking tussen die Boesmans se oorle-

wingstegnieke en vandag se besigheidsopset getref het tydens sy

aanbieding.