Background Image
Previous Page  89 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 92 Next Page
Page Background

Gemaklike dubbelkajuit vir harde paaie

– padindrukke: Mahindra Scorpio Pik-Up-dubbelkajuit 4x4

m

ahindra, ‘n voertuigvervaardiger van Indië, is al ‘n

geruime tyd in Suid-Afrika gevestig. Handelaars

is landswyd teenwoordig en onderdele is vrylik

beskikbaar. Al hoe meer Mahindra-voertuie word

veral in die landelike omgewing opgemerk en hul

eienaars is tevrede met die diens en kwaliteit.

Wanneer ‘n nuwe voertuigvervaardiger op die toneel kom, is ‘n mens

maar skepties en versigtig. Die feit is egter dat Mahindra alreeds in

die vyftigerjare voertuie begin bou het en in ag genome dat Indië

ook ‘n oorvloed van rowwe paaie het, kan ‘n mens tot die gevolg-

trekking kom dat Mahindra teen hierdie tyd behoort te weet hoe om

‘n goeie bakkie aanmekaar te sit.

Die nuwe Mahindra Scorpio Pik-Up-dubbelkajuitbakkie, wat nou

ook in Suid-Afrika beskikbaar is, is ‘n voorbeeld van Mahindra se

vaardigheid om ‘n stewige, waarde-vir-geld-voertuig te vervaardig.

Hierdie bakkie val in die klas van die Toyota Landcruiser en Nissan

se Patrol-bakkies. Die Scorpio is egter effens meer kompak en

prysgewys meer bekostigbaar.

Al is hy veel goedkoper as sy Japannese stalmaats, is die Scorpio

tog sterk en stewig en veral die Scorpio Pik-Up Adventure-model

is besonder goed toegerus met die nodige tegnologie om as ‘n be-

troubare 4x4-voertuig te dien.

Alhoewel daar sitplek vir vier passasiers is, is dit nie aan te beveel

dat ‘n mens lang afstande met hierdie voertuig sal aflê met vier

passasiers nie. Net soos die Land Rover Defender 110-dubbelkajuit,

is die Scorpio-dubbelkajuit ook maar knap met spasie vir die agter-

ste insittendes. Vir die twee voorste insittendes is die Scorpio-

dubbelkajuit egter ‘n heerlik gemaklike voertuig. Selfs vir lang

afstande.

Dit is veral die Scorpio se enjin wat beïndruk. Die Mahindra

mHawk 2,179 cc (2,2 liter) viersilinder dieselenjin lewer 88 kW teen

4 000 omwentelinge en het ‘n wringkrag van 280 Nm tussen 1 800 tot

2 800 omwentelinge. Dit is ‘n gesofistikeerde enjin wat maklik die

voertuig tot by 150 km/h kan bring en dit vergelyk met van die

wêreld se beste dieselenjins. Hierdie enjin word in die Scorpio Pik-

Up gekoppel aan ‘n vyfspoed-handratkas. Die amptelike gemiddelde

brandstofsyfer is 8,8 liter per 100 km.

Die Scorpio Pik-Up-modelle kom onder meer met die volgende as

standaard: Ewenaarslot, spoedkontrole, immobiliseerder, klank-

stelsel met ‘n CD- en MP3-speler, volumebeheer op stuurwiel, brand-

vrye sitplekmateriaal, verstelbare stuurwiel, kragstuur, lugreëling,

ABS-remme en 16 duim-wiele. Die Adventure-weergawe word

verder uitgerus met ‘n LA Sport voor- en agterstamper, ‘n snorkel,

dakrak (slegs vir die dubbelkajuit) en allooiwiele.

Scorpio Pik-Ups het ‘n driejaar/100 000 km-waarborg en ‘n drie-

jaar/60 000 km-diensplan. Die enkelkajuit 4x2-weergawe kos

R254 995 en met die Adventurer-pakket kos dit R281 995. Die

dubbelkajuit 4x4 kos R281 995 en sy Adventurer-weergawe kos

R311 995.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die Mahindra Scorpio Pik-Up dubbelkajuit 4x4 met die “Adventure”-bykomstighede.

‘n Bakkie wat vir ‘n rowwe lewe kans sien.

87

November 2015