Background Image
Previous Page  83 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 83 / 92 Next Page
Page Background

D

ie LWO Werkgewersorganisasie is in 1990 gestig met die

aanvanklike doel om uitsluitlik aan produsente binne die

Suid-Afrikaanse landbougemeenskap bystand te verleen

met die hantering van arbeidsregaangeleenthede.

Waarin spesialiseer die organisasie?

Die LWO staan die werkgewer strategies asook op grondvlak by

met die bestuur van arbeid as besigheidsrisiko. Deur die bestuur

van hierdie risiko uit te kontrakteer, word die produsent in staat ge-

stel om te fokus op sy/haar kernaktiwiteite. Die organisasie spesiali-

seer in arbeidsregsdienste en tree namens die werkgewer op. Hulle

beskik oor ‘n span hoogsopgeleide regsadviseurs – tans lê nage-

noeg 250 jaar se toepaslike ervaring op die gebied van arbeidsreg in

die LWO se Regsafdeling opgesluit.

Dienste gelewer deur die LWO sluit in:

24/7 telefoniese advies

Proaktiewe opleiding

Verskaffing van dienskontrakte

Bystand met:

Dissiplinêre verhore

Stakings

Herstrukturering

Personeelvermindering

Vakbondonderhandelinge

Departement van Arbeid ondersoeke

Verteenwoordiging in Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), Bedin-

gingsrade en die Arbeidshof

Alle ander arbeidsregtelike dienste

Die LWO se besigheidsmodel maak voorsiening daarvoor dat

dienste nasionaal volgens behoefte op die produsent se plaas

gelewer word. Hierdeur word verseker dat boerderyaktiwiteite met

die minimum ontwrigting voortgesit kan word.

Hoe werk lidmaatskap by die LWO?

Die LWO is ‘n lede-organisasie en lede sluit aan op een van die ses

verskillende lidmaatskappakkette wat die LWO bied en ontvang

die ooreenstemmende lidmaatskapvoordele. Hierdie pakkette is

doelontwerp volgens produsente se behoeftes. Daar is standaard-

voordele van toepassing op alle lidmaatskappakkette, met byko-

mende voordele afhangende van die lidmaatskappakketkeuse. Die

kostestruktuur bestaan uit ‘n eenmalige aansluitingsfooi en ‘n jaar-

likse lidmaatskapfooi (jaarliks of maandeliks betaalbaar); en is van

toepassing op alle lede.

Die eenmalige aansluitingsfooi is vir die volgende:

Inligtingsessie

Proaktiewe opleiding met betrekking tot alle fasette van die werk-

gewer se toepaslike sektor/bedingingsraad. Dienskontrakte, sala-

risstrokies, beleide, prosedures, dissiplinêre kode en pro-forma

arbeidsregdokumentasie (waarskuwings en ultimatums) word ver-

skaf en verduidelik.

Implementeringsessie

‘n Bespreking van terme en voorwaardes van dienskontrakte, be-

leide, prosedures, dissiplinêre kode en toepaslike wetgewing met

werkgewer en werknemers, sodat die lid in alle opsigte voldoen

aan die vereistes van die lid se toepaslike sektor/bedingingsraad.

Vir die bestuur van arbeid as ‘n besigheidsrisiko, is die LWO as

spesialiste op die gebied van arbeidsreg, onontbeerlik vir werkge-

wers op ‘n nasionale basis. Die verhouding tussen ‘n werkgewer en

werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek. Duide-

like reëls en riglyne verseker dat wrywing en misverstande beperk

word, wat op sy beurt nie net produktiwiteit nie, maar ook ‘n posi-

tiewe werksomgewing bevorder. Vir verdere navrae, kontak die

outeur by 0861 101 828 x204 of

ansofie@lwo.co.za .

Jy kan ook hul

webtuiste besoek by

www.lwo.co.za .

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

ANSOFIE TIEDT,

bestuurder: Bemarking, LWO Werkgewersorganisasie

– LWO Werkgewersorganisasie (Deel 2)

Reeks

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas en

wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.

81

AKTUEEL

Gesertifiseerde geloofwaardigheid.

Bevorder die verantwoordelike en volhoubare

gebruik van kunsmis … met die FERTASA stempel

van goedkeuring.

FERTASA en sy lede is daartoe verbind om ’n kultuur van integriteit

en vertroue binne die kunsmisbedryf te bevorder. Ons bevorder

volhoubare grondvrugbaarheid en verbeterde plantvoeding.

FERTASA het begin met ’n sertifiseringskema om die nakoming

van FERTASA se gedragskode te verseker. ’n Onafhanklike

nakomingsbestuursmaatskappy ouditeer ons lede teen ’n stel

standaarde wat deur FERTASA goedgekeur is. Voorts sal produkte

met die FERTASA stempel van goedkeuring aan Suid-Afrikaanse

wetlike vereistes voldoen en sal dit vir gehalte getoets en verseker

word. Ons produkte word deur wetenskaplik-gebaseerde dienste,

voortgesette onderrig en verbetering ondersteun.

Beskerm jou belange en toekoms deur kunsmisprodukte van

maatskappye wat deur FERTASA gesertifiseer is, te gebruik.

dŚĞ &ĞƌƟůŝnjĞƌ ƐƐŽĐŝĂƟŽŶ ŽĨ ^ŽƵƚŚĞƌŶ ĨƌŝĐĂ EW

Reg. Nr. 1971/000012/08 • VAT Reg. Nr. 4830104164

Tel: +27 (0)12 349 1450, Faks: +27 (0)12 349 1463

E-pos:

general@fertasa.co.za

, Webtuiste:

www.fertasa.co.za

FERTASA-sertifisering –

handhaaf etiese sakepraktyke

A12638SAG

E

R

I

Z

E

S

S

O

I

A

T

I

O

N

O

U

T

H

R

N

F

R

C

A

F

E

E

R

R

T

TT

R

I

I

L

L

II

Z

E

R

A

C

F

S

O

E

AA

F

F

R

R

I

C

A

AA