Background Image
Previous Page  87 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 92 Next Page
Page Background

Skep só fokuspunte in die tuin

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

g

root tuine skep die gevoel van ruimte, maar kan dikwels

in ‘n vervelige nagmerrie ontaard. Hierdie probleem kan

oorkom word deur fokuspunte in jou tuin aan te bring,

aangesien dit lewe en dimensie aan ‘n tuin gee.

Fokuspunte lei die oog na sekere dele van die tuin – dit

is belangrik omdat dit die verskillende dele van die tuin saambind

in ‘n eenheid.

Sulke fokuspunte kan uit enigiets geskep word; dit hoef nie duur

aanbouings of strukture te wees nie. Dit kan eenvoudig ‘n enkele pot

of fontein wees wat strategies geplaas word.

Moontlike fokuspunte wat maklik is om aan te bring:

‘n Soliede muur kan ‘n groot tuin in twee kamers deel om ‘n

intieme atmosfeer te skep.

‘n Kuierhoekie kan ook dien as fokuspunt. Gooi ‘n sementblad

en plaas bankies en ‘n tafel daarop, plant lolliepop-boompies

rondom vir ‘n heininkie wat hoogte en afronding bied.

Gebruik ‘n werkstafel, plaas dit onder ‘n venster of teen ‘n muur

en sit interessante ornamente of potte daarop.

‘n Onooglike motorhuismuur kan deur ‘n groepering van potte

en of behangsels in ‘n lushof vir die oog omskep word.

Kombineer ‘n windskeidingsmuur met ‘n fontein en waterpoel

om sodoende te verseker dat plante teen die wind beskut is.

‘n Maklike fokuspunt is om ‘n ou staalrak binne-in jou bedding

te sit en dit vol interessante potte en tuinornamente te pak.

Voëltjie- en hasie-ornamente skep ‘n natuurlike atmosfeer.

Waterfokuspunte lok ‘n verskeidenheid wilde voëls na jou tuin.

‘n Enkele pot, beplant met kleurvolle saailinge, kan gebruik word

om ‘n vrolike gevoel in groot en klein tuine te skep.

Wees kreatief en skep mooi en interessante fokuspunte in jou tuin

om dit persoonlik en intiem te maak.

85

November 2015